Baba & Kleuter

SUPER-SLAAPGEHEI­ME

-

As jou baba in jou arms aan die slaap raak en jy wil hom neerlê, sit altyd eers sy voetjies neer en daarna sy kop. As jy hom kop eerste neersit, voel dit vir hom of hy val en word hy wakker. Dit is ’n klein dingetjie, maar iets wat baie ma’s verkeerd doen. • Fokus op baba se wakker tye: Dit moenie te lank wees nie, want dan word jou baba oorgestimu­leer. ’n Pasgeboren­e moet hoogstens 45 minute op ’n slag wakker bly. Moenie in daardie tyd jou baba probeer stimuleer nie; magietyd op ’n kombers is al wat nodig is en daarmee kan jy teen twee tot vier weke begin. Jou baba se wakker tyd moet bestaan uit voeding, magietyd, doeke ruil en dan weer slaap. • Moenie bekommerd wees as jou baba aan die bors aan die slaap raak nie. Borsmelk bevat hormone wat jou baba help om makliker te slaap. Onthou wel om haar windjies uit te vryf, anders kan sy ná 10 minute wakker word omdat sy ongemaklik voel. • Draai jou baba met slaaptyd in ’n komberskok­on toe. Dit herinner haar aan die baarmoeder en keer dat sy van die skrikrefle­ks wakker word. Jy kan ook jou baba in ’n kangaroesa­k ronddra. Jy kan haar nie nou al bederf nie, die beweging sal haar beter laat slaap en jou toelaat om iets gedoen te kry. • Pasgebore babas het ’n sterk suigre

fleks en ’n fopspeen help baie om hulle rustig te hou. Nie alle kinders hou egter van ’n foppie nie. • Stel ’n eenvoudige slaaptydro­etine vir jou pasgeboren­e vas. Dit kan beteken dat jy haar vinnig was, ’n bietjie masseer, aantrek, voed en in die bed sit. • Moenie bang wees om jou pasgeboren­e in jou arms aan die slaap te maak nie. Pasgeboren­es het nie meganismes om self aan die slaap te raak nie en het eers van 12 weke af nie meer jou hulp so nodig nie.

“In daardie eerste agt weke moet jy net jou baba probeer geniet en aan haar geluidjies gewoond raak,” sê Jolandi. “Daar is ma’s wat meer rigied wil wees, maar dan moet hulle fokus op baba se wakker tye en slaaptydro­etine. Op agt weke begin jou baba melatonien produseer en kan jy begin met dinge soos ’n vaste slaaptyd, om die kamer snags donker te maak en om jou baba bedags in ’n donkerder kamer te laat slaap. Teen so 12 weke kan jy met ’n regte roetine begin. Dan moet jy begin kyk na ’n dag en nag van 12 uur elke en ’n slaaptydro­etine wat teen omtrent seweuur begin.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa