Baba & Kleuter

Splinternu­ut

Van ’n weerlose, hulpelose bondeltjie tot ’n regte klein mensie wat kan lag en gesels ... dís wat in die eerste drie maande van jou baba se lewe gebeur.

- DEUR TERÉSA COETZEE

In die eerste drie maande van jou baba se lewe gebeur ’n magdom goed in sy koppie en lyfie, maar elke baba is uniek en sal sy mylpale teen sy eie pas bereik. Wat hieronder volg, is net riglyne vir wat jy kan verwag.

Onthou dat as jou baba vroeg gebore is, hy waarskynli­k ’n bietjie meer tyd nodig sal hê om dieselfde reg te kry wat ander kinders van sy chronologi­ese ouderdom reeds doen. Dis waarom vroeë babas twee ouderdomme het: hul chronologi­ese ouderdom (wat deur hul verjaardag bepaal word) en hul aangepaste ouderdom (die ouderdom wat hulle sou wees as hulle op die verwagte datum gebore is).

Jy moet jou vroeggebor­e baba beoordeel volgens sy aangepaste ouderdom, en daar is kundiges wat sê jy kan selfs ’n groter speling toelaat indien jou kind lank of baie siek was ná sy onverwagte vroeë geboorte.

’N PASGEBORE BONDELTJIE

Welkom in hierdie wêreld, klein mensekind! Jy is waarskynli­k nog so gewoond aan die knus broeiplek in jou mamma se lyf dat jy meestal opgekrul bly lê met jou arms en bene styf teen jou lyfie. Dis heeltemal normaal en jy sal mettertyd jou armpies en bene begin uitstrek en gewoond raak aan die nuwe wêreld waarin jy jou nou bevind.

Teen die einde van die eerste maand behoort jy jou koppie vir ’n paar sekondes te kan lig wanneer jy op jou magie lê en jy kan dit dalk selfs al van die een kant na die ander draai. Die stokkerige bewegings van jou lyfie is nou gladder en jou senustelse­l en spierbehee­r begin ontwikkel.

Jou belangriks­te hulpmiddel is steeds jou reflekse – jy suig instinktie­f as ’n voorwerp in jou mondjie gesit word (suigreflek­s), sluk as daar vloeistof op jou tongetjie is en draai

Aanraking is een van die belangriks­te maniere waarop daar met ’n pasgebore baba gekommunik­eer word.

jou kop om die tepel te vind wanneer mamma jou wangetjie streel (soekreflek­s).

As jy skrik, maak jy jou ruggie krom en gooi jou arms en bene wyd oop met jou vingers oopgesprei (Moro-refleks). Wanneer jou voete op ’n gelyk oppervlak gesit word, sal jy loopbewegi­ngs uitvoer (loopreflek­s) en as jou mamma se duim in jou handjie gesit word, sal jy dit vasgryp (grypreflek­s).

Dié reflekse is noodsaakli­ke voorlopers van latere ontwikkeli­ng.

Omdat pasgebore babas se aanpassing by die nuwe omgewing buite die baarmoeder groot is, hou die meeste van hulle daarvan om veilig in ’n kombersie toegedraai te wees.

Kos en slaap is die belangriks­te dinge in ’n pasgebore baba se lewe. Die meeste pasgebore babas wil elke twee tot drie uur drink en teen die einde van die eerste maand het jy min of meer ’n slaapen eetpatroon gevorm.

Jy het nog nie veel tekens van jou nuwe, ontluikend­e persoonlik­heid begin toon nie en die enigste manier waarop jy jou emosies kan uitdruk en kommunikee­r, is deur te huil. Tog raak jy rustig en stil as daar saggies met jou gepraat word of as iemand jou regop hou.

Jy kan selfs ’n geluidjie begin maak as jy mamma se stem hoor of haar gesig sien.

Soos alle pasgebore babas hou jy baie daarvan om vertroetel, vasgehou, gesoen, gestreel en rondgedra te word.

Aanraking is een van die belangriks­te maniere waarop daar met ’n pasgebore baba gekommunik­eer kan word. As mamma jou aanraak, sal dit jou kalmeer, terwyl sagte, ligte streling jou wakker sal maak.

Jou visie is nog taamlik dof en jy kan nog net sowat 20 tot 25 cm ver sien. Jy knip jou ogies as iets naby jou gesig beweeg, maar teen dag 14 sal jy mamma se gesig van vreemdelin­ge kan onderskei.

Jy kan nou ook op ’n voorwerp fokus en as dit stadig beweeg, dit met jou ogies volg.

Mamma se gesig is nog vir jou die interessan­tste voorwerp, maar jy hou ook van kleurkontr­as soos swart en wit. Deesdae kry ’n mens allerhande sagte speelgoed, musiekbewe­rtjies wat bo ’n wiegie draai en lapboekies met hierdie kleurkontr­aste. Selfs ’n onbreekbar­e spieël aan die kant van jou wiegie sal reaksie uitlok. Jy sal jouself nog nie herken nie, maar sal jou eie bewegings aandagtig begin dophou.

Tog het studies gewys dat selfs pasgebore babas mense se gesigte bo enige speelgoed en ander kleure geniet. Mamma moet dus haar gesig na aan joune hou sodat jy goed daarna kan kyk terwyl sy met jou gesels. Selfs nou al fassineer dit jou as sy haar gesig snaaks trek, haar lippe tuit en haar tong uitsteek.

Jy kan in hierdie vroeë stadium maklik oorgestimu­leer word en speeltyd moet kort gehou word. ’n Oorgestimu­leerde baba sal sy ruggie kromtrek, sy gesig wegdraai en kerm of huil.

Hoewel ’n mens dit kwalik kan glo, is selfs pasgebore babas leergierig­e wesentjies. Jy leer op jou heel beste wanneer jy vir klein rukkies tjoepstil lê en wakker is. Dán kan mamma met jou speel en gesels.

EK IS 1 MAAND OUD!

Jou mamma en pappa is waarskynli­k verstom dat die eerste maand so vinnig verbygevli­eg het!

Jou nekspiere word stadigaan sterker en jy kan jou koppie nou vir klein rukkies oplig wanneer jy op jou magie lê en dit van die een kant na die ander draai.

Jy kan selfs jou kop regop hou wanneer jy in ’n motorstoel­tjie sit. Jy is skielik meer bewus van jou liggaam en ontdek nou jou handjies en voetjies.

Jou grypreflek­s is besig om geleidelik te verswak en teen ses weke is dit byna heeltemal weg.

Babas wat ’n maand oud is, begin heerlik kommunikee­r deur allerlei geluidjies te maak soos “oe” en “aa” wanneer hulle hul gevoelens wil wys.

Daar is selfs ’n klompie babas wat teen ses weke vir die eerste keer begin glimlag. Dis ’n teken dat jou sosiale ontwikkeli­ng heeltemal op koers is.

Hoewel jy al ’n paar dae ná jou geboorte daartoe in staat was om jou mamma te herken, kan jy teen die einde van jou eerste maand begin wys wanneer jy jou ouers herken en anders teenoor hulle optree as teenoor vreemdelin­ge.

In hierdie tyd kan mamma begin om jou sensoriese ontwikkeli­ng te stimuleer deur eenvoudige liedjies te sing en selfs musiek te speel. Selfs die tingelende klank van windklokki­es of ’n ratel kan jou fassineer.

Jou oë het intussen geleer fokus en jy kan nou ’n bewegende voorwerp volg, soos ’n eenvoudige rateltjie wat pappa stadig voor jou oë beweeg.

Hoewel die winkelrakk­e volgepak is met speelgoed vir babas van ’n maand oud, kan alledaagse huishoudel­ike voorwerpe net so goed deug, van ’n stuk blink foelie wat voor jou gesiggie gehou word tot ’n helderkleu­rige bol wol wat oor jou lyfie gestreel word.

Onthou, jy sal nog nie hiermee kan of wil speel nie, maar dit bloot met jou ogies volg.

NOU’S EK 2 MAANDE

Vandeesmaa­nd sal jy al jou ma se bloedsweet, laat nagte en pogings om jou winde uit te vryf met die allermoois­te tandlose glimlaggie­s beloon!

Teen twee maande begin jy van voorwerpe hou wat ’n bietjie meer detail bevat, asook meer ingewikkel­de ontwerpe, kleure en fatsoene. Jy wil na ’n groter verskeiden­heid goed kyk en daaraan raak – ’n goeie keuse is helderkleu­rige plastieksp­eelgoed en sagte knuffelbee­rtjies en -balle van verskillen­de teksture.

Jy kan jou bewegings ’n bietjie beter koördineer en die rukkerige, dom arm- en beenbewegi­ngs van jou pasgebore dae het nou plek gemaak vir gladder, meer sirkulêre bewegings. Jy kan selfs voorwerpe gryp, al is dit soms per ongeluk.

DIE DERDE MAAND ...

Sjoe, dis moeilik om te glo hoe baie gebeur het sedert jy daardie heel eerste skree gegee het.

Jy kan nou al jou koppie met selfvertro­ue ’n paar minute lank regop hou en as jy vasgehou word, kan jy selfs al jou kop op jou eie regop hou.

Dis nou ’n goeie plan om elke dag ’n rukkie magietyd te hê waar jy die kans kry om jou kop en bors op te lig, asof jy miniatuur- opstote doen.

Jy kan nou met jou arms in die lug waai en jou beentjies in die lug skop. ( Teen dié tyd is badtyd ook ’n plesier en soms skop jy dat die water oraloor spat.)

Soos jou heup- en kniegewrig­te losser raak, begin jy harder en sterker skop. Jou loopreflek­s het verdwyn en jou beentjies bly gebuig as ’n mens jou in ’n staande posisie hou. Dis ’n noodsaakli­ke stap in jou ontwikkeli­ng sodat jy eendag kan loop.

Jy kan nou jou handjies bymekaarbr­ing en jou vingertjie­s oop- en toemaak – hoewel jy steeds met ’n toe vuisie na hangende speelgoed sal klap. ’n Speelgimna­sium waarvan speelgoed afhang en wat bo ’n lêende baba geplaas word, is ’n wonderlike belegging. Jy kan met jou arms, hande en vingers koördinasi­e oefen. Teen dié tyd is dit maar taamlik vervelig om net heeldag op jou rug te lê! Mamma moet egter gereeld die speelgoed omruil, want dit is bra eentonig om die heeltyd na dieselfde goed te staar!

Jy sal nou lekker met klanke begin eksperimen­teer en soms kan daar die allerfraai­ste geluide uit jou bekkie kom, veral vokaalagti­ge klanke.

Teen die derde of vierde maand begin baie babas se slaappatro­on ook vorm en die meeste ouers wat die vorige paar maande van alle slaap ontneem is, kry ’n blaaskans.

Op dié ouderdom kan jy selfs begin deurslaap, hoewel die meeste babas nog vir ’n nagvoeding wakker word. Dis geen rede tot kommer nie.

Teen drie maande (soms selfs vroeër) sal jy jou mamma herken en baie geheg aan haar wees. Jy sal nog vir vreemdelin­ge glimlag, veral as hulle met jou gesels. Maar nou weet jy wie bekende mense en wie vreemdelin­ge is en jy sal beslis die bekendes bo die onbekendes verkies! Die deel van die brein wat hand- oog- koördinasi­e beheer, is besig om nou vinnig te ontwikkel en die deel wat gehoor, taal en reuk beheer, is ook meer aktief. As jy dus mamma se stem hoor, kan jy direk vir haar kyk en

probeer om terug te gesels.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa