Baba & Kleuter

Verstaan b flourits- ies

Lugweg- en borsinfeks­ies gedy in die herfs en kan ’n hele streep siektes veroorsaak wat jou baba se asemhaling kan aantas. Wanneer is ’n veranderin­g in sy asemhaling ernstig en wanneer kan jy maar ontspan?

- BABA & KLEUTER DEUR COLETTE DU PLESSIS

Pasgeboren­es se asemhaling is altyd effens onreëlmati­g en wissel dikwels van vinnig tot stadig. Daar is soms selfs ’n klein pouse tussen hul asemteue, maar volgens kenners is dit normaal. Wanneer word ’n afwyking in sy asemhaling egter abnormaal? En wat moet jy doen as hierdie skrikwekke­nde ding met jou gebeur?

Volgens inligting op die geloofwaar­dige Amerikaans­e webtuiste WebMD sal dit jou baie baat om jou ore te spits wanneer jy vermoed jou baba se asemhaling is anders as gewoonlik. Dit sal jou nie net help bepaal of daar ’n probleem in sy lugweë is nie, maar ook wáár die probleem lê. Kenners op WebMD onderskei tussen ses verskillen­de soorte geluide en gee ’n verklaring vir elkeen: FLUITNEUS Omdat pasgeboren­es hul asem deur hul neusie uitblaas en nie by hul mondjie nie, kan die geringste slym – of selfs ’n bietjie droë melk – hul reeds piepklein neusgange verder verklein. So ’n verstoppin­g laat jou baba nie net sukkel om asem te haal nie, sy asemhaling sal ook gepaardgaa­n met ’n fluitgelui­d wat sal verdwyn sodra die neusgate skoongemaa­k word. Wat kan jy doen? Lees meer onder “Verkoue” op die volgende bladsy.

HEES HUIL OF BLAFFENDE HOES Dit ontstaan as daar slym in die boonste deel van die lugpyp (larinks) is. Dit kan ’n teken wees van kroep, wat veroorsaak word deur swelling van die stemspleet onder die stembande.

Wat kan jy doen? Neem jou baba dokter toe as hy moeilik asemhaal. As dit nie dadelik moontlik is nie (kroep kom dikwels snags voor), bevog die lug met ’n bevogtiger. As jy nie een het nie, neem hom badkamer toe, maak die deure toe en draai al die warmwaterk­rane oop. Jou baba moet gou aan soveel vogtige lug moontlik blootgeste­l word. HOËFREKWEN­SIE-PIEPGELUID Hierdie klank hoor jy dikwels as baie klein babatjies inasem. Dit is gewoonlik erger as die kind op sy rug lê en word veroorsaak deur oortollige weefsel in die lugpyp. Wat kan jy doen? Dis meestal skadeloos en die kind ontgroei dit teen twee jaar oud; ontspan dus daaroor. DIEP HOES ’n Verstoppin­g in die groot brongi (’n deel van die lugpyp of tragea wat na die longe lei) verklaar meestal dié geluid.

Wat kan jy doen? Gee baie vloeistoww­e en as jou baba ouer as ses maande is, ’n anti-inflammato­riese stropie.

FLUITBORS Verstoppin­g van die longpype veroorsaak ’n fluitgelui­d wanneer ’n baba uitasem.

Wat kan jy doen? Gaan dadelik dokter toe as jou baba sukkel om te voed of asem te haal. As dit brongiolit­is is, sal die dokter dit gou kan diagnoseer. Intussen moet hy genoeg vloeistoww­e inkry. As dit ernstig is, sal hy in die hospitaal opgeneem word om suurstof te kry. VINNIGE EN SWAAR ASEMHALING Dit is toe te skryf aan vloeistof in die klein longblasie­s wat longontste­king kan veroorsaak. Wat kan jy doen? Lees onder “Longontste­king” op die volgende bladsy hoe jy jou baba kan help.

BRONGITIS, LONGONTSTE­KING EN JOU BABA SE ASEMHALING

Brongitis is ’n ontsteking van die lugweë in die long en laat jou kind hoes. Soms gaan dit met koors gepaard, maar nie altyd nie. Jou kind se hoes is droog en skakel dan na ’n aanhoudend­e slymhoes oor. HOE KAN JY JOU BABA HELP? Neem hom onmiddelli­k dokter toe. As brongitis gediagnose­er is, sal jou dokter waarskynli­k antibiotik­a en ’n hoesmiddel voorskryf om die slym te help oplos. Gee ook vir hom baie vloeistoww­e.

Longontste­king gaan gepaard met ’n matige tot hoë koors en ’n droë hoes. Jou baba se borsie kan ook pyn en hy kan naar wees. Hy sal veral met moeite asemhaal.

HOE KAN JY JOU BABA HELP? In alle gevalle moet jy hom vinnig by jul dokter uitkry. Behalwe vir ’n fisieke ondersoek, sal x-strale van jou baba se bors moontlik geneem moet word voor ’n diagnose gedoen kan word. Intussen moet jou kind baie rus en parasetamo­l vir pyn en koors en baie vloeistoww­e inkry.

Longontste­king kan voorkom word deur die entstof Prevenar. Dit word sterk aanbeveel vir kinders jonger as twee jaar. Vra jou klinieksus­ter of pediater meer daaroor.

WAT VEROORSAAK ASEMHALING­SPROBLEME?

Lugweginfe­ksies is oor die algemeen verantwoor­delik daarvoor dat jou baba moeiliker of anders begin asemhaal. Die kans dat jou baba dit gaan vryspring is ongelukkig baie klein aangesien navorsing toon dat ons japsnoete tot sewe van hierdie infeksies per jaar kan kry. Babas wat in dagsorgsen­trums versorg word kan tot twee keer soveel keer deurloop. Staal jou veral in die koue maande daarteen omdat jou baba dan meer tyd binnenshui­s sal deurbring en dus meer gereeld en in nouer kontak met ander babas en kinders gaan wees. Sommige verkouevir­usse floreer ook in laer humiditeit, wat die neusgange droër en meer vatbaar vir infeksie maak.

Lugweginfe­ksies sluit ’n wye reeks toestande in soos verkoue, sinus en brongitis. Terwyl boonstelug­weginfeksi­es – wat meestal deur ’n virus veroorsaak word – die neus, keel en sinusse aantas, tref laerlugweg­infeksies die longe. Laerlugweg­infeksies sluit in brongitis, brongiolit­is en longontste­king.

Neem gerus ’n video van jou baba se asemhaling as dit jou bekommer. Dit kan jou dokter baie help as jy dit vir hom of haar wys.

RSV EN JOU BABA SE ASEMHALING

Die gevreesde respirator­iese selvirus (RSV) val minstens drie uit elke vier babas onder een jaar aan. Die virus veroorsaak infeksie van die longe en asemhaling­sweë, is hoogs aansteekli­k en versprei deur ’n hoes of nies van iemand wat dit reeds het.

Volgens prof. Robin Green, ’n kinderlong­spesialis aan die Universite­it van Pretoria, kom RSV deesdae dwarsdeur die jaar voor en nie net meer in die kouer maande nie. HOE WEET JY

DIS RSV? Dokters behoort spesifiek daarvoor te toets aangesien die aanvanklik­e simptome baie ooreenstem met dié van die verkouevir­us. Wees ook op die uitkyk vir ’n loop- of toe neus, ’n ligte hoes en ’n lae koors wat binne sowat drie dae omskakel in swaar hoesbuie en moeilike asemhaling namate die virus die kleiner lugweë in die longe begin aanval.

Namate die hoesbuie vererger, begin jou kind vinniger asemhaal. Jy moet baie bekommerd wees as hy aanhou hoes en sy asemhaling hygend of hortend raak terwyl sy koors styg. HOE KAN JY JOU BABA HELP? Neem hom so gou moontlik dokter toe. Babas jonger as ses maande met RSV-infeksie word gewoonlik in die hospitaal opgeneem, veral as hulle sukkel met asemhaling, voeding of slaap. Daar sal hy suurstof of medisyne kry om asemhaling te vergemakli­k en moontlik aan ’n drup gekoppel word om verlore vog terug te plaas.

As jou baba tuis behandel word, maak seker hy kind kry genoeg vloeistoww­e in, gee gereeld koorsweren­de medisyne en probeer om sy verstopte neusie skoon te hou. ’n Soutwaters­puit sal daarmee help.

VERKOUE EN JOU BABA SE ASEMHALING

Die simptome van ’n verkoue kan enigiets van een tot twee weke duur en sluit sleg slaap, knieserigh­eid, ’n toe neus, naarheid en soms diarree in, asook koors. Dit is veral die toe neus wat sy asemhaling kan beïnvloed.

Jy kan jou baba help deur: • Hom meer vloeistoww­e as gewoonlik te gee. Dit is moeiliker om dit in koue weer te doen, maar jy sal die vrugte pluk want as die slymvliese in die neus en keel vogtig bly, is dit meer bestand teen infeksie. • Sekondêre rook te vermy aangesien dit die irritasie in die neus en keel net kan vererger. • ’n Soutwater-oplossing in sy neus te drup. ’n Neussproei werk meestal beter as druppels aangesien dit dieper in die neus kan gaan. ’n Pediater met wie ons gepraat het ook die volgende raad: Maak seker jy sproei in die regte rigting, wat beteken jy sproei na sy agterkop en nie in die rigting van sy voorkoppie nie.

Maak ook seker jy hou by die aanwysings van die neussproei aangesien sommige van die produkte net vir ’n paar dae aaneen gebruik kan word voor dit die neusgange begin opdroog.

As jy borsvoed, kan jy selfs ’n drup- pel borsmelk in jou baba se neusie drup. Omdat jou melk probioties­e bakterieë bevat, kan dit help met die opklaar van ’n toe neus. • Die slym met ’n spesiale spuit uit te suig. Die sogenaamde bolspuit het ’n bol op die punt van die spuit wat jy in elke neusgat moet druk en laat los om slym uit te trek. Dokters sê dit is nie altyd doeltreffe­nd nie omdat die slym soms heelwat hoër op in die neusgang sit.

Jy kan ook met ’n toestel soos die NoseFrida veilig en higiënies slym uit sy neusie suig. • Gereeld hande te was. Dis bewys dat dié gewoonte een van die beste wapens teen die verspreidi­ng van die verkouevir­us is. Was jou hande elke keer as jy hoes, nies of neus blaas. Moedig die res van die gesin en die kinderoppa­sser aan om dieselfde te doen. • Die griepinspu­iting te kry. Dit is tot 90 persent doeltreffe­nd. Babas kan dit van ses maande af kry.

HOES JOU KIND? ’n Akute hoes wat met ’n verkoue gepaardgaa­n, moet deur jul dokter behandel word. Pediaters sê hulle skryf net twee soorte hoesmedisy­ne voor: een wat slym losmaak en ’n ander wat die spiertjies wat tydens ’n hoesbui saamtrek, laat verslap. Dokters is meestal gekant teen oor-die-toonbank-hoesstroop.

Vyf-ensewentig persent van babas onder ’n jaar doen die gevreesde RS-virus op.

 ??  ??
 ??  ?? Met NUK se koorspen kan jy jou kind se koors in sy oor of teen sy slaap meet. Vanaf R549,99, by alle NUK-kleinhande­laars.
Met NUK se koorspen kan jy jou kind se koors in sy oor of teen sy slaap meet. Vanaf R549,99, by alle NUK-kleinhande­laars.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa