Baba & Kleuter

Wonderweke: Nou kan jy jou baba verstaan!

Die een dag is jou baba rustig, stroopsoet en doodtevred­e. Die volgende dag huil sy oor alles, wil nie slaap nie en wil sy heeldag in jou arms wees. Klink dit bekend? Jou baba beleef waarskynli­k ’n wonderweek.

- BABA & KLEUTER DEUR KAREN VAN DER BERG

ALLE ouers weet dat babas soms lieftallig en soms veeleisend en klaerig is. Maar het jy geweet dit het met spesifieke ontwikkeli­ngsfases te doen? Frans Plooij en Hetty van de Rijt, ’n Nederlands­e egpaar wat albei dokters is, het oor ’n tydperk van 35 jaar breedvoeri­ge navorsing oor babaontwik­keling gedoen. Hulle het die wêreld van ouerskap op sy kop gekeer met hul boek TheWonderW­eeks (of Oei,ikgroei! in Nederlands) en miljoene ouers wêreldwyd volg hul raad. Daar ook ’n toep met dieselfde naam. Volgens die navorsing is daar 10 voorspelba­re tye in jou baba se eerste twee jaar wanneer sy meer knieserig gaan wees. Hierdie “moeiliker tye” word wonderweke genoem waarin babas groot fisieke en sielkundig­e ontwikkeli­ngsfases deurmaak en van hul wêreld probeer sin maak. Agt van die wonderweke vind in babas se eerste lewensjaar plaas. Ons bekyk dit hier.

VERANDEREN­DE SENSASIES (BEGIN TUSSEN VIER EN VYF WEKE)

In hierdie wonderweek dui alles daarop dat jou baba se metabolism­e, organe en sintuie vinniger ontwikkel. Sy stel duidelik meer in die wêreld om haar belang en kan ook al ’n bietjie verder sien. Jy sal sien jou baba reageer dalk nou op jou nabyheid. Sy sal ook nou ware trane produseer wanneer sy huil.

Dinge wat jou baba moontlik kan baasraak ná hierdie wonderweek: • Sy kan nou langer en meer

gereeld na een voorwerp kyk. • Sy begin sosiaal glimlag. • Sy is nou ’n bietjie meer

wakker.

WONDERWEEK VAN PATRONE (TUSSEN SEWE EN NEGE WEKE)

Na afloop van dié wonderweek ervaar jou baba nie meer die wêreld as een onverdeeld­e voorwerp nie en begin verskillen­de patrone raaksien. Sy sien haar hande raak, kyk daarna en beweeg dit gereeld. Baie van jou baba se aanvanklik­e refleksbew­egings word nou meer bewustelik uitgevoer.

Dinge wat jou baba moontlik kan baasraak ná hierdie wonderweek: • Sy kan haar kop nou baie

langer regop hou. • Sy draai haar kop in die

rigting van geluide. • Sy beweeg haar lyf vorentoe

wanneer sy op jou skoot sit. • Sy sal na speelgoed begin gryp, al kan sy dit nog nie raakvat nie.

Ingrid Fourie (30) van Bloemfonte­in, ma van Karli (5 maande) sê sy volg die wonderweke getrou. Sy het die toep gekoop. “Dit bly vir my wonderlik om Karli se ontwikkeli­ng ná elke fase te sien en help werklik om haar moeiliker dae te verduideli­k. Ek speel ook graag die speletjies met haar wat hulle voorstel en kan sien hoe sy dit geniet omdat dit ouderdomst­oepaslik is.”

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa