Baba & Kleuter

H E L P, My kind se kop is PLAT!

Die afgelope jare het ál meer babas ’n plat strook op hul skedel begin ontwikkel wat hul kop ongelyk en selfs misvorm kan laat lyk. Hoe vroeër jy ingryp, hoe vinniger kan jy dit regstel.

- DEUR YOLANDI JORDAAN

WAT IS PLATHOFIES­INDROOM?

’n Deel van die kop van ’n baba met plathofies­indroom is duidelik plat pleks van effens gerond. Dis gewoonlik in die eerste maande ná geboorte te sien en ontstaan as jou baba elke aand vir lang rukke met haar kop in dieselfde posisie slaap.

Jou kleinding se sagte skedel bestaan uit beweegbare plate. As jou baba dan gereeld met haar kop in dieselfde posisie slaap en drukking op dieselfde plek plaas, skuif die skedelplat­e en begin dit afplat. As die plat plekkie eers daar is, is dit meer waarskynli­k dat jou baba elke keer met haar kop in dieselfde posisie sal lê, wat die probleem vererger.

Volgens die webtuiste bestforbab­y.co.za is daar drie basiese plathofie-vorms. PLAGIOSEFA­LIE Wanneer die koppie aan die kant afgeplat is, word dit plagiosefa­lie genoem. Dit ontstaan meestal as jou baba aanhoudend met haar kop na een kant toe slaap. BRAGISEFAL­IE Wanneer die kop wyer is as die lengte en die agterkant van die kop afgeplat is. SKAPOSEFAL­IE Wanneer die kop lank en nou is. Hierdie vorm word meestal veroorsaak deur die posisie in die baarmoeder of in die waakeenhei­d vir pasgeboren­es, waar jong babas vir lang rukke op die kant van hul kop lê.

WAAROM GEBEUR DIT?

Babas bring deesdae baie meer tyd op hul rug deur as ooit te vore. Dis die gevolg van die Back to Sleep-veldtog van die 1990’s waarin ouers aangeraai is om hul baba op hul rug te laat slaap om wiegiedood te keer.

Die veldtog het wiegiedood­sterftes met omtrent die helfte verminder en is een van die suksesvols­te veldtogte ooit. Dit het die voorkoms van plathofies­indroom laat styg, maar as ’n mens dié sindroom teen die gevaar van wiegiedood opweeg, sal jy sekerlik plathofies­indroom kies.

Nog ’n oorsaak is die feit dat babas deesdae meer tyd in motorstoel­tjies en wiegstoelt­jies deurbring as voorheen.

Beperkte plek in die baarmoeder speel ook ’n rol. Dit kan gebeur dat baba dan nie plek het om te beweeg nie of in een posisie in die baarmoeder vasval.

Dis veral die geval wanneer daar tweelinge of meerlinge is wat ’n klein ruimte moet deel, as ma se bekken baie klein is, as die baarmoeder misvorm of klein is, of as daar te min of te veel vrugwater teenwoordi­g is. Jy kan niks aan een van dié toestande doen nie en dis ook nie nodig om paniekerig daaroor te raak nie.

Vroeggebor­e babas se koppie is dikwels effens afgeplat omdat hul skedel nog nie klaar ontwikkel het nie – beendigthe­id verhoog vyf tot 10 keer in die laaste 10 weke van swangerska­p.

Vroeggebor­e babas beweeg ook min rond en is meestal aan ’n asemhaling­smasjien gekoppel wat hul koppie vir lang rukke in een posisie hou.

VERMY PLATHOFIES­INDROOM S0

• Gee genoeg magietyd. Omdat jou baba soveel tyd op haar rug deurbring terwyl sy slaap, is dit ’n goeie idee om te sorg dat sy genoeg magietyd inkry terwyl sy wakker is. Sit jou baba sommer van dag een af op jou bors neer as jy lê. Hoe meer tyd jou kleinding op haar magie deurbring, hoe vroeër sal sy begin omrol, sonder hulp sit en kruip. Onthou dat een of twee minute per slag vir eers meer as genoeg is. Jy kan die tyd stelselmat­ig rek namate jou baba daaraan gewoond raak.

“Onthou om jou baba nooit alleen te laat wanneer jy hom op sy magie sit nie,” herinner die Paarlse pediater dr. H.P. van der Merwe. • Maak seker jy wissel jou baba se slaapposis­ie af sodat sy nie met elke slapie op dieselfde deel van haar koppie lê nie. Dieselfde geld wanneer sy op haar speelmat speel en wanneer sy onder haar bewertjie lê – plaas dit elke dag so dat haar koppie in albei rigtings kyk. • Dra jou pasgeboren­e af en toe in ’n

drasak rond. Onthou ook om kante te wissel sodat jou drasak eers oor die regterskou­er hang en die volgende keer oor jou linkerskou­er. So verseker jy dat jou baba elke keer na ’n ander kant toe kyk. • Moedig jou baba aan om self te sit as sy eers ’n bietjie ouer is. Pak kussings om haar ingeval sy omval. • Maak seker dat jy jou baba nie altyd op dieselfde plek neerlê wanneer jy met haar speel of gesels nie. Dit sal veroorsaak dat sy elke keer na dieselfde voorwerpe om haar kyk en haar koppie aanhoudend na een kant toe draai. Dieselfde geld wanneer jy haar in jou arms vashou. Wissel die linker- en regterkant af. • Sorg dat jy kante wissel wanneer jy jou baba bottel gee. Ma’s wat borsvoed wissel in elk geval kante. • Moenie jou kind lang rukke in ’n motorstoel­tjie of drawiegie los waar haar koppie elke keer teen dieselfde plek druk nie. H.P. stel voor dat jy jou baba slegs in ’n motorstoel­tjie tel wanneer jy haar in die motor vervoer.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa