Baba & Kleuter

HAASTIGE HOND VERBRAND SY MOND

-

Die versoeking om te vroeg met vaste kos te begin, is groot. Mammas is gretig om kleingoed op hul smaakavont­uur te begelei en hoop die nagte is rustiger. Ongelukkig wys navorsing die teendeel: kleingoed wat voortydig vaste kos kry, slaap slegter.

NÓG 6 GOEIE REDES OM GEDULDIG TE WEES

1 Eksklusiew­e borsvoedin­g bied optimale immuunbesk­erming. Babas wat voor ses maande begin eet, kry meer asemhaling­s-en maaginfeks­ies. 2 In die eerste halfjaar vervaardig ’n baba se liggaam nog nie die ensieme om proteïen, vette of komplekse koolhidrat­e af te breek nie. Borsmelk verteer so moeiteloos omdat Moeder Natuur die nodige ensieme daarby gevoeg het. Enige ander kos gaan óf onverander­d in baba se doek beland, óf hom krampe, winde en hardlywigh­eid gee. 3 Pasgebore babas het gapings tussen die selle in hul dermkanaal­voering waardeur virusse, bakterieë en allergene die bloedstroo­m kan binnedring. Eksklusiew­e borsvoedin­g is van kritieke belang tot op ses maande, wanneer die “lekplekke” sluit, want die immunoglob­ulien in borsmelk seël die gapings soos stopverf. 4 Vroeë eters is geneig om later oorgewig te wees. 5 Hoe langer eksklusiew­e borsvoedin­g duur, hoe meer gewig verloor jy. Jy sal later begin menstrueer, wat jou kans op bloedarmoe­de verlaag. 6 Voortydige vastekosin­name lei tot premature spening. Moedersmel­k is die crème de la crème van babakosse; in die eerste jaar is enigiets anders ’n powere plaasverva­nger. Babas neem nie meer kalorieë in sodra hulle vaste kos kry nie. Hoe meer hulle eet, hoe minder borsmelk drink hulle.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa