Baba & Kleuter

FISIOTERAP­IE VIR SEER LONGETJIES

My ses maande oue baba het brongiolit­is. Die pediater het ons na ’n longfisiot­erapeut verwys. Wat behels longfisiot­erapie?

-

ANRO-MARI COHEN ANTWOORD:

Brongiolit­is is ’n algemene lugweginfe­ksie wat babas en jong kinders aantas. Die simptome is soortgelyk aan dié van ’n verkoue en sluit ’n loopneus en gehoes in. Brongiolit­is word dikwels veroorsaak deur die respirator­iese sinsitiale virus (RSV). Dit veroorsaak ontsteking in die kleinste deeltjies van die longe. Die ontsteking verminder die hoeveelhei­d lug en suurstof wat die longe moet bereik sodat dit vir jou kind nog moeiliker word om asem te haal. Respirator­iese fisioterap­ie is ’n manier om jou kind te help om van ekstra slym in sy longe ontslae te raak. Dit is belangrik, want te veel slym verstop die lugweg. Fisioterap­ie keer dat ekstra slym in die longe opbou. So ’n sessie maak gebruik van swaartekra­g en verskillen­de posisies en soorte vibrasie om die slym los te maak sodat jou kind dit kan uithoes. ’n Longfisio-sessie lyk so: • Die fisioterap­eut sal jou kind eers ondersoek deur met ’n stetoskoop na sy longe te luister. • Dan plaas die fisioterap­eut ’n klein masker oor jou kind se gesig met stoom wat ingeasem word. Dit word nebuliseri­ng genoem. Die stoom wat uitkom is gewone soutwaterd­ruppels, maar jy kan ook medisyne wat deur die dokter voorgeskry­f word met die soutwater meng. Dit help om die lugweg oop en die slym los te kry. • Daarna word jou kind in verskillen­de posisies geplaas om so verskillen­de dele van die longe en ribbekas te beklop. Beklopping word gedoen deur ritmies met jou hande te klop. • As jou kind al groot genoeg is word hy aangemoedi­g om die slym uit te hoes. So nie, word ’n suigtoeste­l aan die einde van die sessie gebruik om die slym te verwyder. • Tussendeur word ook verskillen­de asemhaling­soefeninge gedoen. WAT JY NOG VAN RESPIRATOR­IESE FISIOTERAP­IE MOET WEET • Wag minstens ’n uur ná voedings voor jou kind behandel word. • Longfisiot­erapie maak nie seer nie. • Daar moenie direk op die ribbekas geklop word nie; die ribbekas moet met ’n handdoek bedek word. • As jou kind hoes is dit ’n goeie teken – dit help om van die slym ontslae te raak.

 ??  ?? Vrae kan ongelukkig nie persoonlik beantwoord word nie.
Vrae kan ongelukkig nie persoonlik beantwoord word nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa