Baba & Kleuter

Hallo, kleinsus!

Baie geluk! Julle is die ouers van ’n nuwe baba – en van ’n onseker en jaloerse peuter. Hier is raad om jou peuter aan die nuweling bekend te stel.

- DEUR LIBBIE JOUBERT

BEREI OUBOET VOOR

Dit is belangrik om uit die staanspoor openlik met jou oudste kind te wees. Vertel hom so gou moontlik dat ’n nuwe baba een van die dae sy opwagting gaan maak en verduideli­k hoe die nuwe baba julle as gesin gaan raak. Dit sal die situasie net soveel makliker maak as jou kind weet wat om te verwag.

Hy kan aanvanklik dink dat die baba van wie jy praat net in jou verbeeldin­g bestaan, want hy sien dan nog niks nie. Verduideli­k dus hoe sy nuwe boet of sus groei en neem hom gerus saam wanneer jy vir ondersoeke gaan. Laat hom na die hartkloppi­e luister en aan jou maag vat wanneer die kleinding bedrywig is. As hy deel is van die ervaring en sien hoe sy medespruit groei, kan dit ’n enorme verskil aan sy gevoel oor die saak maak.

Laat hom saam met jou inkopies vir die nuwe baba doen en laat hom self een spesiale uitrusting kies. Dit sal hom soos ’n grootman laat voel, al dink jy sy besluit is effens onprakties.

Koop terselfder­tyd ook ’n pop en wys hom hoe jy doeke gaan ruil en laat hom dit ook probeer doen. Moedig hom aan om jou te help om die babakamer in te rig deur doeke weg te pak en hier en daar klein takies te verrig. Onthou om hom altyd goed te laat voel deur iets te sê soos: “Jy gaan ’n oulike ouboet vir die nuwe baba wees!”

Hy kan dalk voel dat die nuwe baba sy spesiale plekkie in jou lewe gaan inneem. Vertel hom dus elke dag hoe lief jy hom het en beklemtoon dit dat die nuwe baba niks

WAT OM TE VERWAG

Hoe kinders oor die nuwe baba dink en voel, hang dikwels van hul ouderdom af. Hier is wat jy op ’n bepaalde ouderdom kan verwag. 1 TOT 2 JAAR: Ouboet sal baie nuuskierig wees oor die nuwe baba en alles wat jy doen, probeer na-aap. Dit is juis ook nou dat kinders ouerskapsv­aardighede begin ontwikkel wat hulle self eendag gaan nodig kry. 3 JAAR: ’n Driejarige verstaan reeds die verskil tussen ’n baba en ’n pop. Hy weet

aan jou gevoel vir hom gaan verander nie.

Moet ook nie jou swangerska­p as verskoning gebruik nie; as hy daaraan gewoond was dat jy hom altyd opgetel het, moenie vir hom sê dat jy dit nie meer kan doen as gevolg van die baba nie. Sê eerder dat jou rug seer is, maar dat jy hom een van die dae weer sal optel wanneer jy beter voel.

Moenie vir jou peuter vertel dat die nuwe baba sy speelmaatj­ie gaan wees nie. Kan jy jou die teleurstel­ling voorstel as die baba eers sy opwagting gemaak het en glad nie kan speel nie?

HOSPITAALS­AKE

Vra jou kind om jou te help om jou hospitaalt­as gereed te kry. As hy onnodige dinge inpak, kan jy dit altyd ongesiens uithaal.

Berei hom voor op die tyd wanneer jy in die hospitaal gaan wees. Maak seker dat hy vertroud is met die persoon wat na hom gaan omsien as mamma en pappa nie daar is nie. Onthou dat hy nou baie onseker oor alles voel en dié paar dae behoort vir hom so min spanning moontlik in te hou.

Dit kan vir hom ’n skok wees om jou die eerste keer in die hospitaal te besoek: Hy het jou lank laas gesien en nou is jy skielik saam met ’n vreemdelin­g in ’n vreemde plek. Maak seker dat jy hom met ope arms verwelkom en hom vertel hoe baie jy hom gemis het voor jy die nuwe baba aan hom voorstel.

Dis ook ’n goeie idee om vir hom ’n groot present te koop en te sê dat baba dit spesiaal vir hom saamgebrin­g het. ook dat die baba broos is en versigtig hanteer moet word. Met jou hulp kan hy reeds vir baba vashou. 4 JAAR: Op die ouderdom van vier leer kinders om saam te werk. Jy kan hom gerus vra om jou met klein takies te help. 5 JAAR: Vyfjariges kan maklik uitgesluit voel, juis omdat hulle so lank die enigste ontvangers van oueraandag was. Jou vyfjarige kan jou ook reeds help om na die baba om te sien – vra hom dus en betrek hom sover moontlik.

Laat hom saam met jou inkopies vir die nuwe baba doen en laat hom self een uitrusting kies.

BY DIE HUIS

Jy kan dink dat hierdie nuwe klein mensie baie tyd en plek in beslag sal neem, om nie te praat van al die mense wat geskenke aandra en vir ouboet ignoreer nie!

Help hom om deel van alles te wees deur voor te stel dat hy die gaste verwelkom en hulle aan die nuwe baba voorstel. Laat hom toe om jou met baba te help, al is dit net om ’n doek te gaan haal.

Moedig hom aan om met die baba te praat en sê ook dat jy dink kleinsus is klaar versot op haar ouboet.

Betrek hom en vra soms sy raad oor klein dingetjies soos wat hy dink sy kleinboet vandag moet aantrek.

Onthou jy die pop wat julle vroeër gekoop het? Dis nou ’n goeie tyd om haar te gebruik. Terwyl jy vir baba bad of ’n doek ruil, kan ouboet dieselfde met die pop doen. Laat jou oudste ook vir sy “baba” boek lees. Baie ouers sal nie hiermee saamstem nie, maar seuns mag maar met poppe speel, veral as hulle iets daaruit kan leer.

Hou waar moontlik by jul vorige roetine sodat jou peuter nie voel dat die kleinding sy lewe totaal en al kom omkrap het nie. Gebruik ook die kans wanneer baba slaap om met jou oudste te speel, vir hom te lees en sommer net die tydjie alleen saam met hom deur te bring.

Sorg ook dat jy nou en dan ’n afspraak met hom maak, soos om vinnig te gaan roomys eet of ’n melkskomme­l te gaan drink.

AS OUBOET MOEILIK IS

Daar gaan tye wees dat jou peuter sy speelgoed uit die kas gaan gooi en gefrustree­rd gaan raak. Hy kan besluit om ook weer baba te speel om so meer van jou aandag na hom toe te trek. Hier is ’n paar idees om hom deur moeilike dae te help: • Help hom om sy gevoelens te verwoord. Hy kan dalk kwaad vir jou wees omdat jy nie meer soveel aandag as voorheen aan hom gee nie; vra hom dan om met jou te gesels eerder as om dinge te doen wat hy nooit voorheen gedoen het nie. • Wanneer ouboet sien dat die baba gepamperla­ng word, kan hy dalk net besluit om ook weer ’n baba te word. Moenie hom afkraak of straf nie. Indien hy lankal reeds van die doeke af is en skielik glipsies kry, sê net rustig dat jy sien hy van sy potjie vergeet het, maar dat jy seker is dat hy volgende keer gaan onthou. • Moet nooit vir hom sê om nie soos ’n baba op te tree nie, dit kan aggressie teenoor die baba ontlok. • Vergoed en prys hom vir goeie gedrag.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa