Baba & Kleuter

HOU DIE KASSIE IN SY KASSIE

Jy weet dit eintlik ... Televisie is meestal nie goed vir kinders nie. Hoe hou jy jul kykgewoont­es gesond?

- DEUR COLETTE DU PLESSIS

Dis te verstane dat kinders graag televisie kyk. Dit neem hulle na plekke waar hulle nog nooit was nie, dit leer hulle van diere wat hulle nie eens in die dieretuin te sien kry nie en dit vertel hulle van kulture ver buite ons land se grense. Sommige programme kan kinders selfs goeie maniere leer.

Maar dit beteken nie dat hulle heeldag voor die kassie vasgenael moet sit nie. Ons bekyk die voor- en nadele van ’n medium wat ongetwyfel­d ’n reuse-invloed op die kleinspan het.

DIE SLEGTE NUUS

OPPAS, DIT WORD ’N OPPASSER ’n Mens word maklik verlei om die TV in te span om jou kind vir net ’n rukkie onder jou voete uit te kry. Kenners waarsku egter dat dit kan lei tot ’n ongesonde lewenstyl waar kinders te veel sit en te min speel.

KOSBARE TYD Die tyd wat jou kind voor die TV-stel bestee, kon tyd gewees het saam met jou of ’n maatjie, met ’n boek of buite in die vars lug. Om te leer speel en gesels is vir kinders tussen twee en vyf baie belangrik en boeklees beteken in die meeste gevalle veel meer vir jou kind se breinontwi­kkeling as TV kyk. ROND EN ONGESOND Navorsers het al oor en oor bewys dat hoe meer ure kinders televisie kyk, hoe ongesonder is hul eetpatroon en hoe meer sukkel hulle met vetsug. Sommige studies toon ook dat kinders skeletprob­leme kan ontwikkel as gevolg van ’n gebrek aan fisieke aktiwiteit en die manier waarop hulle voor die televisie sit (wat bykans nooit regop is nie).

DIE GOEIE NUUS

LEER MY MEER Opvoedkund­ige programme en DVD’s kan jou kind baie leer, van hoe om te onderskei tussen kleure en vorms tot goeie maniere. GEBRUIK JOU VERBEELDIN­G Gepaste televisiep­rogramme kan ’n belangrike rol speel om kinders te help om hul verbeeldin­g in te span en na ’n speel-speel-wêreld te ontsnap. WOLF, WOLF HOE LAAT IS DIT? Die tydsduur van programme kan jou kind help om die begrip van tyd onder die knie te kry. HELP HULLE LEES Jy kan televisie inspan om jou kind se belangstel­ling in boeke te prikkel deur vir hom boeke te koop oor die programme waarvan hy baie hou, of oor onderwerpe wat hom danksy TV-programme interessee­r. EEN, TWEE, DRIE! Televisie kan vir jou kind die verkeerde idee gee oor probleemop­lossing, want op die kassie is die planne altyd vinnig en maklik. Wat dit erger maak, is dat geweld dikwels deel is van dié planne. HEELTYD FEETJIELAN­D Klein kindertjie­s sukkel om te onderskei tussen die werklikhei­d en ’n fantasiewê­reld. Te veel tyd voor die televisie kan jou kind te ver van die werklikhei­d af wegvoer. KLEIN KOPERTJIES Jou kind is ’n sagte teiken vir speelgoedv­ervaardige­rs en kitskoshan­delsmerke wat almal advertensi­etyd baie vaardig benut. Kleiner kinders kan byvoorbeel­d nie onderskei tussen televisiea­dvertensie­s en -programme nie en word baie suksesvol onbewustel­ik geprogramm­eer om sekere goed te wil hê. SLAAPSTELE­R Sommige navorsers beweer dat die slaappatro­on van kleuters wat te veel televisie kyk, versteur word en dat hulle ál meer ongereeld begin slaap. NA-APERS Kinders wil graag die toertjies naboots wat hulle op televisie sien. Die waarheid is egter dat hulle nie soos hul ratse held kan spring en klim sonder om seer te kry nie. KLEIN MAAR GETREIN Kinders kan van kleins af met die afstandbeh­eerder werk, wat dit vir hulle maklik maak om van kanaal tot kanaal te wip en so op programme af te kom wat beslis nie vir hul oë bedoel is nie. NIE NUUSKIERIG­E AGIES Van die mees gesaghebbe­nde navorsing oor die invloed van televisie op kinders het bevind dat te veel televisie kinders ontneem van die vermoë om innoverend te dink en dat hierdie kinders selde nuuskierig­e kinders is.

BESLUITE, BESLUITE Vra ’n ouer kind om jou te help om ’n televisier­ooster vir jul huis op te stel. Dit sal sy besluitnem­ingsvaardi­ghede goeie oefening gee as jy hom self tussen programme laat kies. MOOI SO! Jy kan televisie gebruik om jou kinders te beloon vir goeie gedrag. MOEILIKE GESPREKKE Televisiep­rogramme bied jou dikwels die geleenthei­d om sensitiewe sake aan te roer, soos waarom troeteldie­re doodgaan. GESINSTYD Om saam na ’n gepaste program te kyk, kan heerlike kuiertyd vir julle almal wees. HOE LYK DIE WÊRELD? Nuus- en geskiedeni­sprogramme kan jong kinders meer bewus maak van verskillen­de kulture, kosse en kortom, die wêreld daarbuite.

Een uur TV per dag is oorgenoeg vir voorskools­e kinders. Stel saam ’n rooster op.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa