Baba & Kleuter

DENKBEELDI­GE maatjie

-

My vierjarige seuntjie het ’n denkbeeldi­ge maatjie. Hy het ’n baie kort humeur en huil as hy nie sy sin kry nie. Hy praat en antwoord die maatjie. Wat my ook bekommerd maak is dat hy lelike taal gebruik, soos “ek haat jou”, of dat hy mense gaan doodmaak. Wat moet ek doen?

LENMARIE STANTON ANTWOORD:

Die meeste jong kinders speel verbeeldin­gspeletjie­s met hul speelgoed asof die speelgoed lewendig is. Sowat 37 persent van kinders voer hierdie speletjies ’n treetjie verder en het ’n verbeeldin­gsmaatjie.

Nes regte maatjies gee verbeeldin­gsmaatjies ook nie altyd hul samewerkin­g nie. Baie kleingoed kla dat hul verbeeldin­gsmaatjie nie altyd gehoorsaam is en nie kom as hulle geroep word nie, te hard praat, nie deel nie en selfs irriterend­e dinge doen, soos om jogurt in hul hare te smeer.

Hoewel kinders duidelike interaksie met hulle verbeeldin­gsmaats kan hê, weet hulle dikwels hulle is nie werklik nie en sal hulle spontaan sê: “Ek het hom net in my kop opgemaak.”

Aan die ander kant kan kinders ontsteld raak as hul verbeeldin­gsmaatjie byvoorbeel­d wegraak of deur ’n kar raakgery word.

Wees gerus, jou kleuter sal nie in ’n eensame introvert sonder maatjies veran- der as hy ’n verbeeldin­gsmaatjie het nie. In navorsing is bevind dat kinders met verbeeldin­gsmaats dikwels meer spontaan is.

Jy wonder seker of jou seuntjie sukkel met onderligge­nde aggressie as sy verbeeldin­gsmaatjie sulke aggressiew­e dinge sê? Onthou, verbeeldin­gsmaatjies kan ’n voordeel vir kind sowel as ouer inhou en kan jou insig gee in die dinge waaraan jou kind dink en wat hy verwerk.

Dit kan jou baie leer van jou seuntjie se sielkundig­e ontwikkeli­ng en sosiale lewe. As jou seuntjie vir jou vertel dat sy maatjie baie kwaad is en iemand wil seermaak, gee hy vir jou die ideale geleenthei­d om oor iets te praat wat hom dalk pla. Soms is dit vir kinders makliker om hul emosies met die hulp van ’n derde party soos ’n verbeeldin­gsmaatjie bekend te maak.

Jy hoef nie van hulle te verwag om net soos hul verbeeldin­gsmaat te voel nie. Pleks daarvan kan jy eerder oop vrae vra soos: “Hoekom dink jy voel jou maatjie so kwaad?”

Kleuters voel dikwels onder druk weens reëls en skep alter ego’s wat die skuld vir hul verkeerde gedrag kan aanvaar. As jou seuntjie se verbeeldin­gsmaat egter vir iets soos die muurkuns verantwoor­delik gehou word, is dit tyd om tussenbeid­e te tree.

Dit is nie noodsaakli­k (of nuttig) om uit te wys wat julle albei reeds weet nie, naamlik dat Kwaai Karel dit nie kon gedoen het nie omdat hy nie bestaan nie. Speel liewer saam en dwing gevolge af: “Al het Kwaai Karel al die speelgoed uitgegooi en in die speelkamer gelos, sal jy hom moet help opruim.”

Herinner jou seuntjie daaraan dat reëls steeds reëls bly en dat alle maatjies – verbeeldin­gsvriende of regtes – dit moet gehoorsaam.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa