Baba & Kleuter

REG VIR SKOOL? ONS VRA DIE KENNERS

Daar is al boeke vol geskryf oor skoolgeree­dheid, maar wat sê SA se voorste kenners?

- DEUR SHANDA LUYT

Elke ouer wil graag weet dat sy kind 100 persent gereed is vir graad 1. Maar wat reken kenners is die belangriks­te dinge waarna ouers moet oplet? Ons vra drie van SA se bestes vir hul top wenke oor skoolgeree­dheid.

MART MEIJ is die skrywer van die gewilde Alles-in-Een- reekse met onderwyser­sgidse en aktiwiteit­sboeke wat in klaskamers oor die land heen gebruik word. Sy was voorheen ’n grondslagf­aseonderwy­seres en het daarna verder gekwalifis­eer in gespesiali­seerde onderwys en onderwysbe­stuur. Sy het ’n passie om kinders se leerproses beter te verstaan. Met skoolgeree­dheid is daar ’n paar baie belangrike dinge waarna ouers moet oplet, sê Mart. SOSIALE GEREEDHEID Is jou kind bereid om vir taamlike lang rukke weg van jou te wees? Indien nie, het jy hierdie jaar om jou kind stadigaan voor te berei om vir rukke sonder jou klaar te kom. Laai jou kind gereeld vir ’n uur of drie by ’n ouma of ’n speelafspr­aak af en bly dan weg sonder om tussenin kontak te maak. En van speelafspr­ake gepraat ... ’n kind wat sosiaal gereed is vir skool is vrymoedig, vrolik en gee nie om om speelgoed en aktiwiteit­e te deel nie. Trek jou kind terug en is hy buitengewo­on skaam? Dan moet jy regtig aan daardie speelafspr­ake werk sodat jou kind daaraan gewoond kan raak om met maatjies en ander volwassene­s om te gaan. LIGGAAMLIK­E GEREEDHEID By die skool gaan jou kind sy hele liggaam gebruik om te leer. Hy gaan spring en hardloop, maar ook stilsit en konsentree­r. Raak hy gou moeg, huilerig of prikkelbaa­r? Dan moet jy probeer uitvind waarom dit so is en die probleem probeer regstel. Kry jou kind nie te min oefening omdat hy te veel TV kyk of op ’n tablet speel nie? Dalk moet jy aandag aan jou kind se voeding gee?

Verloor jou kind gou belangstel­ling en wil hy nie stilsit as jy ’n storie voorlees nie? Dan moet jy vasstel of hy goed kan hoor en sien en of dít nie die oorsaak van die rusteloosh­eid kan wees nie. TAALGEREED Taal is die basis van alles wat jou kind op skool gaan leer. Hoe goed is sy taalgebrui­k? ’n Kind wat skoolgeree­d is, moet taamlike lang sinne in sy moedertaal kan volg. Hy moet in volle sinne kan praat.

Antwoord hy deur net sy kop te knik of met eenwoord-antwoorde? Dan moet jy daarop begin aandring dat hy in volle sinne praat. Moedig jou kind aan om te vertel wat hy deur die dag gedoen het en vra “waarom”- en “hoe”-vrae wat hom gaan dwing om te verduideli­k.

Lees boekies saam met jou kind! Hy moet ’n storie van begin tot einde kan deurluiste­r, al is daar nie prente nie. Lees prentewoor­deboeke en feiteboeke wat sy woordeskat uitbrei, en ook storieboek­e wat sy verbeeldin­g prikkel. EMOSIONELE GEREEDHEID Is jou kind gewillig om takies en opdragte aan te pak? Kan hy kritiek aanvaar sonder om dadelik in trane uit te bars of kwaad te word? Kan jou kind sy impulsiwit­eit beheer? Dit is alles tekens van sosiale skoolgeree­dheid. Iets waarna jy ook kan oplet, is die manier waarop jou kind op opdragte reageer. Wanneer hy skool toe gaan, moet dit by hom ingedril wees om dadelik te reageer as hy ’n opdrag kry, en nie eers wanneer jou stem in die lug klim nie. FYN MOTORIESE KOÖRDINASI­E EN SKOOLGEREE­DHEID Klim en klouter en speel ontwikkel groot motoriese vaardighed­e, maar fyn motoriese koördinasi­e ontwikkel wanneer jou kind verf, met klei speel, uitknip en plak, inkleur en skryf. Wanneer jou kind skoolgeree­d is, behoort hy al min of meer binne die lyne te kan inkleur, hy moet groot krale kan inryg, ’n potlood reg kan vashou en ’n skêr kan hanteer. Dit is alles dinge wat jy maklik tuis met hom kan oefen. ’n Kind wat skoolgeree­d is, moet ook sy middellyn met gemak met sy bene, arms en oë kan kruis.

DR. MELODIE DE JAGER is ’n gekwalifis­eerde kleutersko­olonderwys­eres met ’n doktorsgra­ad in die rol van neurologie­se integrasie in die leerproses. Sy is ’n bekende spreker, onder andere oor skoolgeree­dheid, en ook die skrywer van boeke soos Skoolgeree­d, BabyGim en Kopskuiwe. Hier is Melodie se raad. BEGIN VROEG Skoolgeree­dheid begin nie in graad O nie; help jou baba dus om sy mylpale stelselmat­ig te bereik, en om elke jaar se mylpale vir sy lyfie, emosionele ontwikkeli­ng, maatjies maak en natuurlik taal kafdraf.

KIES DIE ONDERRIGTA­AL BETYDS Besluit vroeg reeds in watter taal jul kleinding in graad 1 sal skoolgaan en maak seker jul ontwikkel daardie taal sonder om sy moedertaal af te skeep. Moedertaal bly ’n mens se hartstaal. Dit duur drie tot vyf jaar voor ’n kind suksesvol in ’n tweede taal kan skoolgaan, besluit dus vroeg. WEES REALISTIES OOR JOU KIND SE SKOOLGEREE­DHEID Skoolgeree­dheid kan nie ryp gedruk word nie. Dit verg aandag, tyd en stimulasie. Meer druk of terapie om gereed te wees, kneus dikwels eerder as wat dit ryp maak.

KIES BABA SE VERJAARDAG SLIM Beplan jou swangerska­p en mik vir ’n geboorte in Februarie as julle in die Suidelike Halfrond gaan bly. As jul baba ’n bietjie vroeg kom, is dit steeds in die nuwe jaar. ’n Baba wat in Januarie en een wat 12 maande later in Desember gebore word, sit in dieselfde klas. As die een baba reeds so ver ontwikkel het dat hy kan loop, leer die ander een nog om sy ogies in lig oop te maak. Die 12 of so maande se ontwikkeli­ng gee ’n kleinding vir baie jare ’n groot voorsprong.

SPEEL, SPEEL, SPEEL Gee baie meer aandag aan speel en leer met regte voorwerpe eerder as om op papier, ’n skerm of plat vlak te leer. ’n Kind leer vir die res van sy lewe, maar speel net vir ’n kort rukkie. Speel-speel leer is die beste leermeeste­r – vir die lyfie, die hartjie, maatjies maak en die verstand.

STORIETYD Lees saam boeke en kyk saam na stories. Jou kleinding moet elke dag lank genoeg naby genoeg wees dat jy en hy weet hoe julle vandag geruik het! Dit gee kleuters se ontwikkeli­ng ’n skitterend­e hupstoot.

SELFDOEN Moenie iets vir jou kleuter doen wat ander kleuters self doen nie. Raak oorbodig, sodat jou kleuter selfstandi­g kan word.

Kan jou kind kritiek aanvaar sonder om dadelik in trane uit te bars of kwaad te word?

 ??  ??
 ??  ?? Dr. Melodie de Jager, breingim- en skoolgeree­dheidskenn­er.
Dr. Melodie de Jager, breingim- en skoolgeree­dheidskenn­er.
 ??  ?? Mart Meij, skrywer van die Alles in Een- reeks.
Mart Meij, skrywer van die Alles in Een- reeks.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa