Baba & Kleuter

Monsters onder die bed

Kinders se vrese lyk vir ons soms verspot of vreemd, maar vir kleingoed is die wêreld vol bedreiging­s. Streel die angstighei­d weg met ons wenke.

- DEUR LIBBIE JOUBERT BABA & KLEUTER

Vrees vir monsters, vreemdelin­ge, harde geluide en diere is maar net ’n normale fase van kind wees, veral as jou kind tussen drie en vyf jaar oud is. Tog waarsku kenners dat ’n kind se angs nooit lig opgeneem behoort te word nie. Hier is raad om jou bang kind mee by te staan.

WAT VEROORSAAK ANGS?

• Perfeksion­isme en wanneer ouers te veel van ’n kind verwag, veral met die koms van ’n tweede of derde kind. • Kinders van hierdie ouderdom lewe in ’n fantasiewê­reld waar die donker, drake, spoke en ander nare karakters vir hulle ’n werklikhei­d is. • Oorbeskerm­ing keer ’n kind om geleidelik van sy ouers te skei en in homself te begin glo. • Inligting waarvoor ’n kind nie gereed is nie soos beeldmater­iaal op televisie (selfs die nuus) of gesprekke tussen volwassene­s oor geweld in die land.

Inligting waarvoor ’n kind nie gereed is nie (soos TV-nuus) kan vrees en angstighei­d veroorsaak.

HELP JOU KIND SÓ

WEES GEDULDIG Wees geduldig met jou kind en moenie sy vrese afmaak of met hom probeer redeneer oor sy emosies nie. Moet byvoorbeel­d nie sê: “Daar is niks om voor bang te wees nie.” Reageer met empatie sonder om te bekommerd of oorbeskerm­end voor te kom: “Mamma sien jy voel bang.” Wees altyd eers empaties voor jy hom help om planne te maak. VERTEL STORIES Gebruik stories as ’n medium om sy vrese te hanteer en hom te bemagtig. HOU BY ROETINE Roetine en voorspelba­arheid help ’n kind om in beheer te voel. Wanneer jou kind speel, sê byvoorbeel­d dat jy net gou vir hom iets gaan ingooi om te drink voor jy loop. SORG VIR PRET Sorg vir genoeg pret in

Maatjies by die skool kan ook soms verwronge inligting oordra. • Spanning tussen ouers of wanneer een of albei ouers ’n moeilike tyd deurmaak. • Ouers se eie hantering van angswek

kende situasies en sake. • Temperamen­t. Sommige kinders is eenvoudig meer geneig om angstig te wees en hulle te bekommer. die huis en vermy ’n te ernstige atmosfeer waar almal altyd aan die jaag is. STEL ’N VOORBEELD Let op hoe julle as ouers situasies hanteer (byvoorbeel­d wanneer julle by ’n donker huis aankom – kinders verstaan lyftaal!). Ouers moet vir kinders demonstree­r dat die lewe se uitdagings en probleme suksesvol hanteer kan word. BOU SELFBEELD Bou jou kind se selfbeeld deur geleenthed­e te skep waar hy geleidelik beheer kan neem oor sy lewe, soos om self aan te trek, self melk in te gooi en hom self besig te hou, al is dit met jou steeds in sig. NEEM DIE LEISELS Wees besonder selektief met jul keuse van televisiep­rogramme en rolprente. Vermy programme wat jy dink jou kind gaan ontstel.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa