Baba & Kleuter

10 TELEVISIEK­YKWENKE

-

NEEM DEEL Maak seker jy kies programme en DVD’s wat jou kinders noop om aktief deel te neem – fisiek of intellektu­eel – soos om te sing, hande te klap of te help om ’n probleem op te los. KYK WAT HULLE KYK Maak ’n lys van alles waarna jou kinders elke week op televisie kyk. So kan jy bepaal of julle dalk te veel televisie kyk (een uur per dag is oorgenoeg vir alle voorskools­e kinders) en of die programinh­oud na wense is. Onthou dat die programme by jou kind se ouderdom moet pas en beslis nie gewelddadi­g moet wees nie. Voorskools­e kinders is veral geneig om gewelddadi­ge gedrag te toon as die programme wat hulle kyk geweld bevat. HOU BY DIE REËLS Stel ’n rooster op en maak reëls oor wanneer daar in jul huis televisie gekyk mag word en wanneer nie, soos net vir ’n rukkie ná skool, maar glad nie voor skool of ná aandete nie. En maak seker oumas, oupas en oppassers ken ook dié reëls. RAAK BETROKKE Gesels met jou kinders oor die programme en DVD’s waarna hulle kyk. Kyk saam en vra hulle wat gebeur het en wat hulle geleer het as die program klaar is. JY VERDIEN DIT Sommige sielkundig­es sê televisie kan net soos ’n speelding of speeltyd gebruik word as ’n beloning vir goeie gedrag. WEER EN WEER Neem jou kinders se gunsteling- programme op sodat hulle weer daarna kan kyk. STEL ’N VOORBEELD Dit help nie jy preek vir jou kinders oor minder tyd voor die kassie as jy self ure na die skerm staar nie. VRA RAAD Vra ander ma’s, onderwyser­esse en dié wat weet watter programme hulle kan aanbeveel. WEES SPESIFIEK As jou kind vra om televisie te kyk, vra hom wat hy wil kyk. Moet hom nie sommer net laat kyk nie. LEES INGELIG Lees resensies oor televisiep­rogramme en probeer soveel moontlik uitvind oor die programme wat jou kinders kyk.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa