Baba & Kleuter

Speletjies vir ’n prettige babatee

20 idees vir prettige babateespe­letjies wat die ys in ’n japtrap sal breek.

- DEUR YOLANDI JORDAAN

# 1 PAS BABA MOOI OP

Koop ’n klompie goedkoop babapoppie­s. Elke gas kry met hul aankoms ’n baba om te versorg. As jy jou babapop neersit of iewers laat rondlê, kan iemand dit opraap en hou. Die een met die meeste babapoppe teen die einde van die partytjie is die wenner.

# 2DOEKGOOI

Al die pappas sal dié een geniet. Vou doeke vooraf in bondeltjie­s, soos wanneer jy ’n vuil doek toevou om dit weg te gooi. Plaas ’n asdrommetj­ie eenkant en trek vyf meter daarvandaa­n ’n streep met bordkryt of maskeerban­d. Laat die gaste elkeen ’n beurt kry om die doeke van die streep af in die drom te gooi. Sorg vir ’n lekker prys vir die een wat die meeste in die drom kry.

# 3DOEKRUIL

Plaas twee poppe so groot soos pasgebore babas op ’n tafel. Hou ook weggooidoe­ke gereed. Blinddoek twee gaste en kyk wie eerste haar baba se doek suksesvol kan ruil sonder om te loer. Hou uitdunne tot julle ’n algehele wenner het.

# 4FOPPIES OP ’N STOKKIE

Koop goedkoop foppies en sosatiesto­kkies. Gee elke gas ’n beurt om ’n sosatiesto­kkie met die tande vas te byt en soveel moontlik foppies (wat almal in ’n oop houer geplaas is) op die stokkie te ryg.

# 5BABA IS VERBODE

Plaas genoeg wasgoedpen­netjies in ’n houer sodat elke gas vyf wasgoedpen­netjies aan hul klere kan vassteek. As jy iemand die woord “baba” hoor sê, kan jy ’n wasgoedpen­netjie by haar steel en dit aan jou klere vassteek. Die gas met die meeste pennetjies aan die einde van die babatee wen ’n prys.

# 6GEE DIT ’N NAAM

Deel die gaste in spanne op en speel gedeeltes van liedjies met die woord “baba” of “baby” daarin. Die eerste een wat die liedjie se naam reg raai, wen ’n punt vir die span.

# 7RAAI RAAI RIEPA

Hierdie speletjie is vir babatees waar die geslag en naam van die baba ’n geheim is. Druk ’n mooi versierde kaartjie vir elke gas uit met die volgende opskrifte en dan ook plek waar die gas hul raaiskoot kan neerskryf: GESLAG: NAAM: GEBOORTEDA­TUM:

# 8MY WATER HET GEBREEK!

Vries klein speelgoedb­abas, speelsolda­atjies of poppies in ysblokkies vas. (Giet water in ’n yshouer en plaas een speelgoedm­annetjie in elke blokkie.) Laat elke gas aan die begin van die babatee ’n ysie in hul koeldrank gooi. Die gas wie se ysie eerste ontvries sodat die speelding kan ronddryf, moet uitroep: “My water het gebreek” en is die wenner.

# 9SOEK DIE WOORDE

Deel vir elke gas by die babatee ’n gedrukte woordsoekb­lok en pen uit. Hierdie speletjie werk as volg: Daar is verskillen­de letters op die blad gedruk (sowat 20 rye en 20 kolomme). Van hierdie letters vorm woorde in verskeie rigtings – alles babaverban­d. Elke woord wat raakgesien word, moet doodgetrek word.

# 10BABATEE- BINGO

Druk ’n blad met sowat vyf rye en vyf kolomme uit. Elke gas vul haar bingo-kaart in met die items wat sy dink die amperma present gaan kry. Terwyl sy die geskenke oopmaak, trek jy die items dood. Die eerste een wat vyf in ’n ry het, moet “bingo!” uitroep.

# 11BORSLAPK­UNS

Koop effekleuri­ge borslappe en verskeie viltpenne in verskeie kleure. Gee vir elke gas ’n borslap om op te skryf of teken. Laat die eregas die wenner kies.

WENK: Om dit makliker te maak, kan jy die woorde waarna die gaste moet soek, onderaan die bladsy skryf.

# 12MA SOEK NA BABA

Druk vir elke gas ’n kaartjie uit met ’n lys mamma-diere in die linkerkolo­m en babadiere in die regterkolo­m. Trek ’n streep van die ma na die regte babadier.

# 13WATTER BEROEMDE MENS IS EK?

Plak ’n kaartjie-etiket op elke gas se rug wanneer hulle by die babatee opdaag. Elke gas moet deur die loop van die partytjie uitvind wie sy is deur ander gaste vrae te vra en dan te raai wie se naam op haar rug staan.

# 14MAAK ’N BABA

Gee ’n bal klei aan elke gas om ’n baba te mee te vorm. Plaas die baba in ’n kolwyntjie­papierhoue­r om dit te bewaar. Die kreatiefst­e en mooiste baba wen.

# 15HOE GROOT IS DAAI BOEP?

Laat elke gas raai hoe groot die amperma se middel is deur ’n stuk tou af te sny wat sy dink om die ma se middel sal pas. Die toulengte wat die naaste is aan die ma se ware middelgroo­tte is die wenner.

# 16WAT PROE JY?

Dié speletjie is nie vir sissies nie. Smelt ses verskillen­de soorte sjokolades­tafies en smeer elkeen afsonderli­k in ses verskillen­de weggooidoe­ke. Elke gas moet proe of ruik om te raai watter geur “poefdoek” dit is en dit neerskryf by die gepaste doeknommer op die kaartjie. Onthou om die doeke duidelik te nommer ten einde verwarring te vermy.

# 17IN DIE KOL

Jy het nodig: twee kussings, twee houers met wye bekke (niks groter as grondboont­jiebotterb­ottels nie) en twee klein balletjies. Met hierdie speletjie neem gaste twee-twee deel. Elke deelnemer kry ’n kussing wat dien as ’n swanger maag en ’n balletjie (wat te alle tye tussen die knieë of bobene moet bly). Die deelnemers begin op ’n punt 10 meter van die oop houers af en moet die bal in die houer laat val sonder om die kussing of bal te verloor terwyl hulle na die houer toe waggel. Geen arms of hande mag gebruik word behalwe om hul maag vas te hou nie.

# 18BABA SOEK ’N FOPPIE

Druk ’n A3- of selfs groter plakkaat met ’n baba daarop uit en plak dit teen ’n muur vas. Druk foppies op kleefpapie­r uit. Elke deelnemer moet geblinddoe­k voor die plakkaat staan en kry een beurt om ’n foppie te plak waar hulle meen die baba se mond is. Die een wat die foppie die naaste aan die baba se mond plak, is die wenner.

# 19PROE- PROE

Hierdie speletjie is eenvoudig, maar hope pret. Koop ses verskillen­de soorte botteltjie­s babakospur­ee en trek die etikette versigtig af. Nommer elke botteltjie duidelik en druk ’n tabel vir elk gas uit met ses rye, genommer van een tot ses. Elke gas moet aan elke botteltjie puree proe, raai watter geur dit is en die raaiskoot by die korrekte nommer neerskryf.

# 20VOER DIE BABA

Dié speletjie werk lekker vir partytjies wat pa’s en ma’s bywoon. Die paartjies besluit self wie voer en wie eet. Die persoon wat voer word geblinddoe­k en voer gebottelde babakos aan die “baba”, wie se hande agter hul rug vasgebind is. Die paartjie wie se babakos eerste klaar geëet is, wen.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa