Baba & Kleuter

‘WONDERWEKE EN MY WONDERWERK­IE’

-

WÊRELD VAN OORGANG (11 TOT 12 WEKE)

Jou baba leer om minder soos ’n robot te beweeg en minder styf te wees. Sy begin ook nou met haar stem speel en sal verskillen­de geluide begin maak.

Dinge wat jou baba moontlik kan baasraak ná hierdie wonderweek: • Sy kan ’n voorwerp met haar

oë volg. • Sy is baie meer lewendig en

beweeg in al die rigtings. • Sy kan met hulp van haar

maag na haar rug rol. • Sy kan ’n bewertjie skud. • Sy wys duidelik as iets vir

haar snaaks of interessan­t is.

DIE WONDERWEEK VAN GEBEURE (14 TOT 19 WEKE)

Jou baba begin ál meer van haar omgewing verstaan en kan nou die meeste van haar sintuie (sig, gehoor, reuk, tas en smaak) aanwend.

Dinge wat jou baba moontlik kan baasraak ná hierdie wonderweek: • Sy is nou meer aktief en

beweeglik. • Sy vat nou die meeste din

ge raak. • Sy sit mense se hande in

haar mond. • Sy kan nou die bors wegstoot wanneer sy genoeg gedrink het.

DIE WONDERWEEK VAN VERHOUDING­S (22 TOT 26 WEKE)

Jou baba sal ná hierdie ontwikkeli­ngsfase begin om die verhouding­s waarin sy bestaan, beter te verstaan. Sy sal ook begin besef daar is afstand tussen haar en voorwerpe. Haar wêreld word skielik groot en sy is baie klein daarin. Dinge wat jou baba moontlik kan baasraak ná hierdie wonderweek: • Dit is die tyd wanneer almal vir jou sê jou baba “begin nou regtig mens word”, want skielik stel sy baie belang in en is sy deel van die wêreld waarin sy beweeg. • Sy stel belang in mense wat

vir haar sing of handjies klap. • Sy stel belang in dinge soos ritssluite­rs, plakkers en lussies aan klere. • Sy lig voorwerpe op en kyk

wat daaronder is. • Sy gooi iets om te kyk

hoe dit beweeg. • Sy begin kla wanneer haar ma of pa die kamer verlaat waarin sy is.

DIE WONDERWEEK VAN KATEGORIEË (33 TOT 37 WEKE)

Na afloop van hierdie wonderweek kan jou baba dinge sien, vergelyk en klassifise­er.

Sy begin leer dat ’n groot hond nie ’n perd is nie. Jy sal sien dat jou baba alles in haar pad bestudeer en elke detail daarvan inneem. Jou baba sal dit ál meer begin geniet om saam met jou op uitstappie­s te gaan en dinge te ervaar.

Dinge wat jou baba moontlik kan baasraak ná hierdie wonderweek: • Sy kan woorde begin

verstaan. • Sy begin jou naboots en daar

oor lag. • Sy begin handjies klap

en kruip.

Die datums waarbinne die wonderweke val, word bereken volgens jou baba se verwagte datum en nie volgens haar werklike geboorteda­tum nie.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa