Baba & Kleuter

BEHANDELIN­G

-

Dit is altyd wys om jou dokter van jou baba se afgeplatte koppie te vertel sodat toestande soos kraniosten­ose en tortikolli­s uitgeskake­l kan word.

Kraniosten­ose is ’n geboorte-afwyking wat veroorsaak dat die nate van die skedel te vroeg sluit sodat die skedel klein is en breingroei beperk word. Dit word met chirurgie reggestel.

Tortikolli­s ontstaan weer wanneer jou baba se nekspiere styf is sodat die nekkie skeef staan en die koppie afgeplat word op die kant waar baba aanhoudend lê.

Gewoonlik is plathofies­indroom ’n minder ernstige, kosmetiese kwessie wat nie jou kleinding se ontwikkeli­ng belemmer nie. As jou baba jonger as drie maande oud is, sal jou dokter moontlik posisionel­e terapie voorstel, terwyl sommige dokters sal voorstel dat ’n baba ouer as vyf maande eerder helmterapi­e ondergaan.

POSISIONEL­E TERAPIE Dit behels dat jy jou baba daarvan weerhou om op die plat deel van sy kop te slaap, of minstens die hoeveelhei­d tyd wat hy daarop deurbring, verminder.

Hou in gedagte dat dit tussen twee en drie maande sal duur voor jy ’n verbeterin­g sien.

Magietyd is een van die noodsaakli­ke posisies in hierdie terapie. Magietyd versterk die spiertjies in jou baba se nek, skouers en arms, en help ook om jou baba se maagspiere sterk te maak.

Hierdie terapie sluit ook in dat jou baba se kot omgedraai word, of dat jy jou baba aan die voetenent laat slaap, sodat jou baba gedwing word om na die ander kant te kyk en drukking nie op die afgeplatte deel is nie.

’n Goeie idee is om ’n bewertjie of speelding te hang aan die kant waarna jy wil hê jou baba moet kyk.

HELMTERAPI­E Dié behandelin­g word aanbeveel vir babas tussen drie en ses maande oud omdat die belangriks­te kopgroei en -ontwikkeli­ng in jou baba se eerste jaar plaasvind. Helmterapi­e maak juis van hierdie groei gebruik om die misvorming reg te stel.

Die terapie werk as volg: Die helm rus sagkens op die beendere wat uitbult en is hol by die afgeplatte dele van jou baba se kop. So laat dit die plat dele toe om in te haal. Die presiese behandelin­g hang af van jou baba se ouderdom.

Die Paarlse pediater dr. H.P. van der Merwe sê helmterapi­e word egter net vir kwaai misvormdhe­id voorgeskry­f en beslis nie vir babas jonger as drie maande nie.

“Navorsing wys dat die konserwati­ewe posisioner­ingsterapi­e, wat in erger gevalle met fisioterap­ie aangevul word, in sowat 80 persent van gevalle suksesvol is.”

As daar tussen vier en ses maande later nie ’n verbeterin­g is in die ernstiger gevalle nie, kan helmterapi­e van waarde wees, sê H.P.

“Helmterapi­e werk op sy beste as ’n baba dit 23 uur van die dag dra. Dis ook duur, nie geredelik in Suid-Afrika beskikbaar nie en die helm moet gereeld verstel word.”

Newe-effekte van helmterapi­e sluit in velirritas­ie, oormatige sweet en ’n onaangenam­e reuk. Ouers voel soms dat hulle nie hul baba fisiek kan koester nie en party ouers vrees dat hul baba ongemaklik voel.

Helmterapi­e is dus nie die oplossing vir elke asimmetrie­se koppie nie, waarsku H.P.

Voor 1995 het sowat 1 uit 3 000 babas plathofies­indroom opgedoen. Die nuutste navorsing wys dat die syfer in Amerika nou een uit 80 is en in Europa een uit 60. Dit verteenwoo­rdig ’n styging van 500 persent.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa