Baba & Kleuter

DIE ROL VAN VASTE KOS

-

Rondom ses maande begin die ystervoorr­aad waarmee ’n baba gebore word, uitgeput raak. Jou baba se groeiende lyfie het ook nou ekstra sink nodig. Uit ’n ontwikkeli­ngsoogpunt is die meeste kinders tussen ses en agt maande gereed om te eet, dus is dit die ideale tyd om borsmelk met vaste kos aan te vul.

Het jou baba voor ses maande ekstra yster nodig?

Dis onwaarskyn­lik. Hoewel borsmelk betreklik min yster bevat, is dit so opneembaar dat baba byna alles kan benut. Borsbabas ontwikkel selde ’n ystergebre­k, tensy hulle vroeggebor­e is of aan ’n chroniese toestand ly. Onnodige ysteraanvu­llings skep dikwels die einste probleme wat dit kwansuis moes oplos. Dit kan hardlywigh­eid of diarree veroorsaak, asook mikroskopi­ese bloedings in die dermkanaal wat tot bloedarmoe­de kan lei. Daarbenewe­ns verlaag dit immuniteit omdat dit met die werking van laktoferri­en inmeng. Laasgenoem­de is ’n borsmelkpr­oteïen wat skadelike dermkanaal­bakterieë kniehalter deur met oortollige ystermolek­ules te bind. Sulke bakterieë gedy op yster en vermenigvu­ldig sodra daar oorskiet is. Aanvulling­s skep ’n oormag ystermolek­ules wat die beskikbare laktoferri­en oorweldig. Vra jou baba se dokter om sy ystervlak te toets voor hy of sy ’n stropie voorskryf.

Wanneer is jou pienkvoet gereed vir vaste kos? Kinders is individue en ontwikkel teen hul eie pas. Sommiges wil voor ses maande al ma of pa se kos gaps, terwyl ander hul mond lank daarna bly toeknyp. Die goue reël? Hou baba eerder as die kalender dop.

Hy is waarskynli­k reg om te begin eet indien hy… • Goeie nekbeheer het en sonder onder

steuning kan sit, • Ander se kos van hul borde af kyk –

of vat, • Sy mond oopmaak wanneer jy vir hom kos aanbied en dit nie refleksief met sy tong uitstoot nie, en • Nog honger optree ná voedings.

Onthou: As hy jonger as ses maande is, gaan hy waarskynli­k bloot deur ’n groeiversn­elling. Voed hom eers vir twee of drie dae meer gereeld om dié moontlikhe­id uit te skakel.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa