Baba & Kleuter

Ma-entreprene­ur

Die sangeres en ma Helenè Bester staan op die vooraand van ’n splinternu­we avontuur. Ons gesels met haar oor hoe sy dit beleef ...

- BABA & KLEUTER DEUR SHANDA LUYT

SANGERES, MAAR OOK ENTREPRENE­UR: HOE HET DINGE VERANDER? Vir my is elke CD wat ek tot dusver uitgereik het ’n sakesukses, maar ek wil graag daarop verbeter. Sang was lank my enigste inkomste. Deesdae bied ek smiddags sanglesse aan, doen radio- en televisie-stemwerk, sing by damesoggen­de, sing saam met my broer by korporatie­we geleenthed­e en nou het ek ook ’n ander projek aangepak wat ek “Helenè Bester en Kristi Kat” noem. Ek het Kristi Kat die lig laat sien, want dit was tyd vir iets nuuts in my lewe. Ek het gesien hoe mal my dogtertjie, Kristi (19 maande), oor musiek is. Daarom het ek besluit om iets nuuts te skep.

Ek is passievol oor hierdie wonderlike kat en dink dit gaan ’n wenner wees. Ek glo ook dit sal ’n klomp kindertjie­s se Afrikaanse taalontwik­keling aanmoedig en bevorder en ’n hele boel kinderhart­e gelukkig maak. Die nuwe KristiKat- CD is vir my die begin van ’n heel nuwe rigting.

HOE ERVAAR JY DIE ENTREPRENE­URSDEEL VAN JOU BEROEP? My sakekant ... eish. Ek het ’n ander deel van my persoonlik­heid ontdek: my deurmekaar deel! Ek raak so emosioneel betrokke as dinge nie perfek uitwerk nie, en ek moes regtig leer om kalm te bly en eerder iemand anders te betrek om my te help met keuses en finansiële besluite. Gelukkig help my man, Jacques, baie met die sakedeel. Bemarking is my groot passie: Ek hou daarvan en dit was deel van die bedryfskom­munikasiek­ursus wat ek op die destydse Puk studeer het.

WAT HET JY TOT DUSVER AS ENTREPRENE­UR GELEER? Ek sou sê om by ’n roetine te bly met jou besigheids­dinge, om elke oggend gemotiveer­d op te staan en om nie moed te verloor nie. Stel doelwitte. Sonder doelwitte en ideale sal my motivering minder raak. Moenie bang wees om raad te vra nie. Ek vra baie raad by my man (en mentor) wat regtig ’n sakebrein het.

WATTER INVLOED HET KRISTI OP JOU ONDERNEMIN­G? Kristi se koms het alles verander; dit het immers meegebring dat ek ’n kinder-CD vrygestel het. Sy is bitter besig en wonderlik, maar veroorsaak natuurlik dat my tyd minder is. Ek moet vinniger in ’n korter tyd werk, baie meer beplan en meer presies wees. Tog hou ek van die nuwe roetine en die feit dat sy nog by my bly en nie skooltjie toe gaan nie.

Sy’s 19 maande oud en ek sorg dat ek haar opvoedkund­ig stimuleer wanneer sy wakker is en nie by Lebo, haar oppasser, is nie. Sy kom steeds eerste. Altyd.

HOE HANTEER JY DIE GESIN-WERKBALANS? My man help baie en ons hou maar die balle so in die lug. In die oggende is Kristi nog by my en in die middae, as ek les gee, sien Lebo na haar om. Teen die tyd dat ek terugkom is Jacques reeds hier en hou hy vir Kristi besig. Die oggende is egter my en haar tyd. Maar dis definitief nie altyd maklik nie ...

Ek dink enige goeie ma-entreprene­ur moet besef dat daar ’n balans tussen jou huisgesin en jou werk moet wees. Hulle moet ook besef dat jy volgens ’n plan en roetine gestruktur­eerd moet kan werk. En dat jou gesin steeds die belangriks­te bly en is.

JOU RESEP VIR SUKSES? Droom en doen dit groot! Lees en doen baie navorsing. Glo in jou doelwitte. Jy sál dit maak. Begin klein – moenie roekeloos in ’n ding in spring nie. Dink nugter oor elke liewe besluit wat jy maak ten opsigte van die uitgawes en finansies van jou besigheid. Ek het ook al geleer dat daar geen kortpaadji­es na sukses is nie. As jy nie werk nie, kan jy nie sukses ervaar nie. Werk, werk, werk, werk, werk.

EN JOU HEEL BELANGRIKS­TE BESIGHEIDS­BEGINSEL? Eerlikheid. Dit bly die heel belangriks­te. En betroubaar­heid. Dit help nie jou werknemers maak staat op ’n inkomste in die toekoms en dan vind sekere optredes nie meer plaas nie. Of eerlikheid in die kontrak wat jy met iemand gesluit het. Daar moet geen verskuilde agenda wees nie. ’n Mens moet eties optree en jou werknemers eer.

JOU TOEKOMSPLA­NNE VIR KRISTI KAT? Ons beoog ’n DVD aan die einde van die jaar en ek sal graag oor 10 jaar ’n paar DVD’s op my kerfstok wil hê.

Die heel belangriks­te sakeeiensk­ap wat ’n mens kan hê is eerlikheid. ’n Mens moet altyd eties optree.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa