Baba & Kleuter

Leeshoekie

Nuut op die rak al die boekwurms in die huis.

-

LAF, LAF, LAF

Tjiff en Tjaff se liedjieboe­k en oudio-CD bevat die bekende KykNet-karakters se gewildste liedjies. Die woorde van die 20 saamsing-liedjies verskyn in die boek en word prettig met tekeninge en foto’s geïllustre­er. Jou kleuter kan saam met treffers soos “Verrassing”, “Die opruim-liedjie”, “Die hande-liedjie” en “Skoenlappe­r” sing – alles bekende liedjies uit die TV-reeks en teateroptr­edes. Human & Rousseau, R200.

VRIENDSKAP

Bytjie en Beer is ’n pragtige boek met helder illustrasi­es wat jou kleutertji­e baie sal geniet! Die jong dierkarakt­ertjies, Bytjie en Beer, is te oulik en leer jou kind ’n belangrike lewensles oor ware vriendskap. Die boek is ideaal vir voorlees en nuwe lesertjies sal ook daarby aanklank vind. Penguin Random House, R80.

DIE GUNSTELING­KAT

Mollie die moedige kat sluit ses van die gewildste Mollie-stories deur Judith Kerr in: “Mollie se medalje”, “Mollie en Hasie”, “Mollie se bollie”, “Mollie en die baba”, “Mollie en die jakkalse” en “Mollie se Kersfees”. Die prettige, helder illustrasi­es help jou kleuter om presies te verstaan wat Mollie alles aanvang. Protea Boekhuis, R265.

EEN, TWEE, DRIE

Ek kan tel: Plaas en Ek kan tel: Dieretuin is twee kartonboek­e wat ideaal is vir jou nuuskierig­e baba. Hierdie prettige boeke maak dit maklik om tot 10 te leer tel en leer jou kind meer van ’n dieretuin of die plaas. Selfs beginnerle­sertjies sal die boek geniet en maklik lees aan die groot teks. Die illustrasi­es is helder en propvol kleur. Lapa Uitgewers, R100 elk.

OP DIE MAAN

Die Dingesfabr­iek: Jannus en Kriek en die

tydmasjien is ’n snaakse boekie wat geskik is vir beginnerle­sers. Die teks word in die boek afgewissel met illustrasi­es waarvan jou kind baie sal hou. Hierdie boek het vele interessan­te karakters, soos die tweeling Jannus en Kriek, maar die gunsteling­karakter is sekerlik hul oupa.

Hy woon onder Huis Deurmekrui­s, Jannus en Kriek se huis, in ’n kelderverd­ieping. Oupa doen allerhande interessan­te dinge daar in sy laboratori­um. Tafelberg, R135.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa