Baba & Kleuter

GESONDHEID!

-

Ons is amptelik nou weer terug in ’n roetine, met elke ding mooi op sy plek. Die dagboek word stadig maar seker vol geskryf en dié jaar het ek sommer baie planne vir wat ek alles reg gaan doen. Die kinders het elkeen met ’n nuwe hoofstuk begin en saam is ek opgewonde oor al die nuwe avonture wat hulle wil aandurf. Ek en Leo is elke oggend volstoom besig met werkies, gebreekte arm en al. Dit is nogal lekker om so ’n bietjie ekstra tyd saam met hom deur te bring. Jack is natuurlik vol kokistrepe en blinkertji­es, dit lyk asof Tinkerbell se fairy

dust oor die huis gestrooi is. Hy hou saam skool en konsentree­r hard saam as ek en Leo aan die werk is. Terwyl almal so besig raak en stadig maar seker weer uitmekaar dryf, besef ’n mens hoe kosbaar die paar vakansiewe­kies was. Dié week was ek sommer lus en steel my eie kinders en neem hulle almal op ’n jaar van avontuur waar ons nuwe plekke kan besoek, nuwe mense leer ken en al die kulture om ons kan beleef. Ek sal glad nie omgee om alles op te pak en met hulle na ’n klein kusdorpie toe te trek en elke oggend ver langs die see te gaan stap nie, maar ongelukkig gaan dit nie werk nie. Dit is seker hoekom vakansie bestaan; om daardie dinge te waardeer. Vir eers moet ons terug aarde toe. Ek moet vergeet van die see en sy mooi blou water en konsentree­r op al die boeke wat ek nog moet oortrek en om weer my wekker te stel. Cheers op nuwe roetines, tuisskool en nuwe avonture. Oor ’n paar jaar tree ek af, loop ek ure lank kaalvoet langs die see en mis ek die besige, lawwe lewe. MARISCA GROENEWALD, DURBANVILL­E, WES- KAAP

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa