Baba & Kleuter

BOER VAN DIE JAAR

- DALEEN HOOGENDYK, POLOKWANE, LIMPOPO

Nika is ons familie se boer van die jaar. Haar gesiggie weerspieël haar persoonlik­heid en sy dra nie graag klere nie, net haar doek en skoene. Sy lewe voluit en met passie. Sy weet wat sy wil hê en sorg dat sy dit kry. Haar gesiggie wys presies wie sy is en hoe sy voel. Sy is lief vir almal wat sy sien en groet almal wat oor haar pad kom.

Haar grootste liefde is die plaas waar oupa en ouma bly. Sy wil buite wees en ons moet heeltyd ’n “bietjie gaan stap”. Sy sit nooit stil nie en as dit van haar afhang, sou sy nooit klere gedra het nie. Sy kry en gee soveel liefde.

 ??  ?? Nika de Witt (2) boer graag saam op die plaas.
Nika de Witt (2) boer graag saam op die plaas.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa