Baba & Kleuter

’n Ma se lewe

-

Ek dink elke mamma kom iewers op ’n plek waar ons moeg is. Sielsmoeg. ’n Moegheid wat slaap nie sus nie.

Want ons cope, altyd. Ons moet. Ons het nie juis ’n keuse nie. En ek verkies dit so. Maar dit maak ’n mens moeg.

Dit wissel tussen wonder wat ons vanaand gaan eet, om betyds soggens wakker te word en klaar te wees, te hoop die juffrou sien jou bloedjie met liefdevoll­e oë, en om iewers tus- sendeur jou boek klaar te lees. Om elke dag jou alles by die werk te gee en om boonop ’n goeie mamma te wees. Geduldig, liefdevol, saggeaard, motiverend, opbouend, begrypend en bedagsaam.

Om te onthou die mensie voor jou se dag was moeilik en lank sonder mamma. Hy het jou broodnodig, maar jy is moeg. Hy wil speel, jil, lag, dans, rugby speel, eksperimen­teer, leer, groei en sing. Maar jou dag was langer.

Iewers tussenin verloor jy jouself effens. Die skok ná die Desember-vakansie duur ’n bietjie langer as verlede jaar. Ons voete sleep en dis Januarie.

Maar ons lig ons kop, want ons mensies is van ons afhanklik. Hulle leer by ons. Ons wil nie hê hulle moet “moeg” leer nie. Dus dans en sing ons saam en speel rugby tot ons gô uit is. Verf voetjies en bad in kenhoogte badskuim, verduideli­k hoekom ons nie van banke af moet spring nie en berei voor vir elke nuwe skooldag.

Dis wat ons doen. Dis in ons are, dit laat ons lewe. Al sit ons soms laatnag met ’n glas wyn en kry onsself vreeslik jammer terwyl die skapies salig slaap. Want môre begin dit weer van voor af. Ons kies dit en dis ons voorreg. ANOESJKA COLLETT, BENONI, GAUTENG

 ??  ?? Anoesjka Collett, manlief Quinton en klein Luca (2).
Anoesjka Collett, manlief Quinton en klein Luca (2).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa