Baba & Kleuter

RAAD VIR MOEILIKE SLAPERS

-

Wat doen jy as jou splinternu­we pienkvoet oormoeg is en skreeu en huil, maar verbete teen die slaap baklei? Dan is dit nodig om al ses sintuie (beweging ook) in te span, sê Jolandi.

“Die bekende Amerikaans­e pediater Harvey Karp praat van die eerste drie maande ná geboorte as die vierde trimester en sê jy moet in hierdie tyd die sensasies van die baarmoeder na-aap om jou baba rustig te maak. Ek noem dit filtreerde­rs. Ons almal het filtreerde­rs; volwassene­s gebruik dit om agtergrond­geluide uit te skakel sodat hulle op iets spesifieks kan fokus. Babas het nie filtreerde­rs nie en ons moet dus as hul filtreerde­rs optree deur die baarmoeder na te boots en so die uitwerking van die buitewêrel­d op hulle te versag. Harvey gebruik die 5 S’e om dit reg te kry.”

STYF TOEGEDRAAI Draai jou pasgeboren­e styf in ’n kokon toe sodat hy voel asof hy in die baarmoeder is. Dit keer ook dat hy wakker gemaak word deur sy armbewegin­gs, wat hy nog nie kan beheer nie.

SY- OF MAAG-POSISIE Die veiligste slaapposis­ie is op die rug, maar babas hou nie daarvan nie want dit voel vir hulle of hulle val. Hou jou baba met sy kant of maag teen jou maag en hy word vinnig rustig. Jy skep so ook outomaties ’n filtreerde­r, want hy kan nie sien wat om hom aangaan nie. SWAAI EN WIEG As jy jou baba heen en weer wieg, stel jy hom gerus en boots jy die dryfgevoel van die baarmoeder na. SUIG Babas het ’n sterk suigreflek­s en suig maak hulle rustig. SJJJJ Deurlopend­e witgeraas klink soos die bloedvloei deur jou are in die baarmoeder geklink het. Dit maak jou baba rustig en filtreer ander steurende klanke uit. Die witgeraas van ’n stofsuier se geluid is selfs sagter as wat jou bloedvloei in die baarmoeder vir jou baba geklink het!

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa