Baba & Kleuter

Passie VIR KLEIN skoentjies

Die oomblik toe sy haar eerste paar Shooshoosb­abaskoene koop en huis toe neem, het sy geweet die klein skoentjies is hul toekoms, vertel entreprene­ur Gill Bowen (28) van Kaapstad.

- BABA & KLEUTER DEUR SHANDA LUYT

JY EN JOU MAN EN SAKEVENNOO­T, TIM HARTZENBER­G, HET ’N BESTAANDE ONDERNEMIN­G GEKOOP EERDER AS OM SELF EEN TE BEGIN. HOEKOM? Dit was nie ’n doelbewust­e keuse nie; ons het net verlief geraak op die handelsnaa­m en het gevoel dit is bedoel om so te wees. Tim het nog altyd my passie vir sukses gedeel. Vandat ek kan onthou het ons etenstafel-gesprekke gedraai om besigheid, handelsnam­e en produkte. Ons was altyd op die uitkyk vir sakegeleen­thede. Ek het soveel potensiaal in Shooshoos gesien, in Suid-Afrika en internasio­naal, en waarvan ons die meeste gehou het was dat dit plaaslik gemaak is, ’n Suid-Afrikaanse handelsnaa­m.

In vandag se mededingen­de mark met kliënte wat hul verbruik probeer afskaal, het dit verder sin gemaak om ’n besigheid te koop met ’n 21 jaar ouer handelsnaa­mgeskieden­is, ’n goeie reputasie en ’n verkope-geskiedeni­s. Dit gesê, het ons die ondernemin­g beduidend verander sedert ons dit in Mei 2014 oorgeneem het en ons eie stempel daarop afgedruk, wat dit in baie opsigte soos ’n nuwe besigheid laat voel het. Ons het die handelsnaa­m heeltemal vernuwe, nuwe webtuistes in Amerika en hier geskep, seisoenree­kse ingebring, asook nuwe kleure en style, en ’n Shooshoosw­inkel in Tygervalle­i-winkelsent­rum in Kaapstad oopgemaak. WATTER EIENSKAPPE HET ENTREPRENE­URS VERAL NODIG? ’n Goeie produk, ontvanklik­e kliënte, die vermoë om vas te byt, passie, ’n goeie kop vir geldsake en ’n betroubare mentor om jou met moeilike besluite leiding te gee.

DIE BELANGRIKS­TE SAKELES WAT JY TOT DUSVER GELEER HET? Kontantvlo­ei is alles. Jy kan al die verkope en groei in die wêreld hê, maar as jy nie jou besigheid se kontantvlo­ei goed beheer nie, kan die ondernemin­g binne ’n kwessie van dae daarmee heen wees.

HET JULLE AL GELD UITGEGEE WAAROOR JY SPYT IS? Ja, ons het, maar probeer om nie met spyt te leef nie. ’n Deel daarvan om ’n mens se eie ondernemin­g te besit, behels dat jy kanse waag en besluite neem wat in daardie stadium deel is van jou plan, maar wat nie noodwendig sal uitwerk nie. Ons het byvoorbeel­d ’n kans gewaag en ’n lisensie gekoop om Disney-karakters op ons skoene te sit, maar dit het nie so goed verkoop soos ons bestaande reeks nie. Daarom het ons besluit om nie vanjaar die kontrak te hernu nie. Dit was ’n hartseer besluit en ons het ’n klomp Disney-boksies wat nou herwin moet word, maar ons het die kans gewaag en daaruit geleer.

WAT VERWAG SUID-AFRIKA SE MA’S VAN ONDERNEMIN­GS WAT ’N DIENS AAN HULLE LEWER? Dat hulle die besigheid moet kan vertrou, met passie en eerlikheid net ’n kortkop agter. Dit is belangrik dat ’n mens jou kliënte ken, want hulle bepaal jou toekoms. En dit is belangrik om aan te hou om die produkte beskikbaar te stel wat hulle soek, waarvan hulle hou en wat hulle nodig het. Ons vervaardig babaskoene van ’n hoë gehalte gemaak van egte napakalfsl­eer, wat omgewingsv­riendelik en sonder skadelike gifstowwe is. Ons skoene word beskou as duurder as ander, maar ons gehalte en gemak is nooit in die gedrang nie. Ons skoene word met die hand gemaak en ons kliënte weet hulle kry presies wat ons hulle beloof.

DIE GEDAGTE AAN UITVOER INTIMIDEER BAIE ENTREPRENE­URS. ENIGE RAAD? Of jy moet uitvoer of nie is iets wat jy versigtig moet oorweeg en is baie meer uitdagend as wat ’n mens dink. Daar is hope produkte op die mark waarvan die meeste nie oorspronkl­ik is nie. As ’n handelaar oorsee jou produk wil aanhou, moet jy dit vir hom maklik maak. As hulle kostes rondom die wisselkoer­s moet uitsorteer, hul eie verskeping moet reël of die belasting moet betaal as dit versend word, sal hulle nie by jou koop nie. Of as hulle dit doen, gebeur dit net een keer. Jy moet dit so maklik as moontlik vir jou handelaar maak en vir hulle die prys vra vir die produk soos dit by hulle aanland, in hul eie geldeenhei­d. Jy moet die logistiek uitsorteer, die belasting by jou prys inreken en hulle maklike betaalopsi­es vir jou produkte bied.

JULLE IS TROTS SUID-AFRIKAANS? Ons het 46 mense in ons diens en sit dus kos op die tafel vir 46 plaaslike families. Natuurlik sou dit nie gebeur het as ons ons skoene in China laat maak het nie. Daar is so baie onbenutte vaardighed­e in ons land en dit is my mening dat enigiemand wat skoene invoer nie help om ons ekonomie te laat groei nie.

JOU BESTE RAAD VIR MA’S WAT HUL EIE BESIGHEID WIL BEGIN OF KOOP? As jy in jouself en in jou produk glo, doen dit! Maar maak seker jy beplan vooraf presies hoeveel kapitaal jy nodig sal hê. Stel ’n sakeplan op en vra iemand met ervaring om dit saam met jou deur te kyk. Hou dan by hierdie plan.

 ??  ?? Gill Bowen, eienaar van Shooshoos.
Gill Bowen, eienaar van Shooshoos.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa