Baba & Kleuter

OORDIETOON­BANKMEDISY­NE: IN OF UIT?

-

Die heel beste oordietoon­bankmedisy­ne kan net die simptome van verkoue en griep verlig omdat die meeste van hierdie medisynes ’n mengsel van histamien, soms vitamien C en iets vir pyn of koors is.

Maar wees versigtig, maan kenners. Juis omdat hierdie soort medisyne dikwels iets van alles bevat, kan jy jou kind maklik oordoseer.

Wees dus versigtig en vra liewer ’n apteker of jou dokter as jy twyfel. Vat die medisyne wat jy tans vir jou kind gee saam apteek of dokter toe sodat jy die regte raad kan kry.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa