Baba & Kleuter

Bang vir episiotomi­e

- www.babaenkleu­ter.co.za

Ek is swanger met my eersteling en wil graag natuurlik die lewe skenk. Ek is egter bang vir ’n episiotomi­e. Is dit beter om te skeur of gesny te word?

DR. JP DU BUISSON ANTWOORD:

Dit is goed om te sien dat jy ’n bietjie nadink oor die geboorte self. ’n Episiotomi­e is waar die dokter die vagina knip sodat die vaginale opening groter is om die baba toe te laat om verlos te word. Dit behoort nie as roetine gedoen te word nie.

Van vol ontsluitin­g tot en met die geboorte van die baba, die tweede stadium van kraam, is dit die baba se kop wat daartoe lei dat die vagina stelselmat­ig rek om deurgang van die baba te bewerkstel­lig. Soms is die baba net fisiek te groot om deur die vaginale opening te pas, of die vaginale vel kan nie genoeg rek om deurgang toe te laat nie. Iets moet meegee en dán vind ’n vaginale skeur plaas.

’n Klein skeurtjie is waarskynli­k beter vir jou, maar groot skeure kan soms tot in die anale kanaal kan skeur. As dit gebeur, staan dit bekend as ’n derdegraad­se skeur en dis ’n gebeurteni­s wat ons graag wil vermy. Dit is gelukkig seldsaam en kom voor by minder as 1 persent van vaginale verlossing­s.

’n Sny word natuurlik makliker toegewerk omdat die wondrand meer gelyk is as met ’n skeur, en dit laat beter genesing toe. Natuurlik help die verbeterde bloedvloei na die vagina in die vroeë stadiums ná die geboorte van die baba ook baie met die genesing van skeure sowel as episiotomi­eë.

As jy van omtrent 36 weke af jou perineum gereeld masseer, help dit om die vagina vir die geboorte voor te berei. ’n Vaginale ballon bekend as Epi-No kan ook gebruik word om die vagina vir die geboorte voor te berei. Studies toon egter dat dit nie die nodigheid van ’n episiotomi­e voorkom nie, maar wel die tweede stadium van kraam verkort. Sterkte en geniet die laaste stukkie van jou swangerska­p.

As jy van omtrent 36 weke af jou perineum gereeld masseer, sal dit jou lyf vir die geboorte help voorberei.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa