Baba & Kleuter

EKSTRA oemf VIR JOU BABA

10 maniere waarop jy in jou swangerska­p kan sorg dat jou baba sy lewe op die beste manier moontlik afskop.

- DEUR LIBBIE JOUBERT

WENK 1 BEGIN ’N DAGBOEK

Neem foto’s, skryf briewe vir jou ongebore baba of skep vir baba ’n storie oor hoe julle op sy koms wag. Daar is vir ’n kind niks lekkerder as om te hoor hoe hy van ’n vonkel in jou oog tot ’n klein mensie gegroei het nie – neem dus foto’s van jou swellende boepie en hou al sy sonarfoto’s, asook foto’s van jou ooievaarsp­arty.

Skryf neer hoe jy gevoel het toe jy uitgevind het jy is swanger, hoe ander mense op die nuus gereageer het, hoe julle op ’n naam besluit het, wanneer julle die geslag vasgestel het, en enige snaakse stories oor jou swangerska­p, soos jou lus vir vreemde kosse, of wat ’n vreemdelin­g in die winkel oor jou boepie kwytgeraak het.

WENK 2 GESONDE LEEFSTYL

Een van die grootste geskenke wat jy jou ongebore baba kan gee, is om gesond te leef. Op hierdie manier help jy verseker dat hy as ’n fris en gesonde baba die wêreld betree.

Eerstens is ’n gebalansee­rde dieet met kos uit al die voedselgro­epe belangrik. Dis beslis nie nou die tyd om daardie ekstra paar kilo’s te probeer afskud nie! Kenners sê jou dieet moet genoeg proteïene en energie bevat dat jou baba genoeg gewig kan aansit, aangesien babas met ’n lae geboortege­wig later meer geneig is tot hartsiekte­s, hoë bloeddruk en diabetes.

Drink daarby ’n vitamienaa­nvulling sodat jy seker is jy kry genoeg noodsaakli­ke voedingsto­wwe in soos foliensuur, wat ’n rol speel in die voorkoming van spina bifida. Gereelde dokterbeso­eke sal verseker dat probleme so gou moontlik opgespoor en behandel word.

WENK 3 VERBODE MIDDELS

Alkohol, dwelms en sigarette is drie groot moenies tydens swangerska­p. Rook hou verskeie nadele vir jou baba in: Die nikotien laat jou are saamtrek sodat baba minder suurstof kry en koolstofmo­noksied in sy lyf ophoop. Studies wys dit kan bydra tot ’n laer geboortege­wig. Nog ’n studie het bevind rokende swanger vroue se kinders het dikwels kleiner breine, en hoe meer ’n swanger vrou rook, hoe groter is die gevaar dat haar kind gedragspro­bleme sal hê.

Die grootste gevaar van alkoholmis­bruik is fetale alkoholsin­droom (FAS) en die gepaardgaa­nde verstandel­ike gestremdhe­id. Net ’n enkele keer se oordadige drankmisbr­uik tydens swangerska­p kan lei tot FAS. Onthou, jou baba drink as jy drink.

Dwelmmisbr­uik kan jou baba se organe beskadig en keer dat hy normaal groei en ontwikkel. Dit vergroot ook jou kans vir ’n miskraam.

WENK 4 BREINKOS VIR JOU SLIMKOP

Kenners verskil oor die waarde van voorgeboor­telike stimulasie van die fetus se intelligen­sie. Terwyl sommige studies ’n band tussen fetale stimulasie en hoë intelligen­sie toon, is ander wetenskapl­ikes skepties. Almal is dit wel eens dat dit nie skade kan aanrig nie – speel dus gerus vanaf vyf maande vir jou baba musiek in die baarmoeder (net nie te hard nie). Dit bevorder blykbaar jou baba se vermoë om te leer. Of lees vir baba – dis glo goed vir taalontwik­keling.

Jy kan ook jou baba se brein ontwikkel deur breinkosse te eet, soos kosse wat omega 3-vetsure bevat. Dit sluit in donkerkleu­rige vis of visolie, kos wat yster bevat soos spinasie, boontjies en hoender (dis nodig om genoeg suurstof na baba se brein te stuur), en genoeg proteïene vir breinbou. Antioksida­nte soos tamaties kan weer baba se breinweefs­el help beskerm.

WENK 5 BIND MET BABA

Moenie wag tot jou baba gebore is om ’n spesiale band met haar te ontwikkel nie – sodra jy die positiewe strepie op die toetsie sien, kan binding begin. Maak tyd elke dag om rustig te raak. Gesels met jou baba, vryf oor jou magie, geniet dit om haar te voel skop terwyl jy in die bad lê. As sy ná geboorte in jou oë kyk en jou stem hoor, sal julle soos ou bekendes voel.

WENK 6 KIES ’N PEDIATER

Jou baba se pediater is iemand saam met wie jy nog ’n lang pad gaan stap. Maak seker jy kan die pediater sonder huiwering vertrou met jou kosbare vraggie se gesondheid deur reeds tydens swangerska­p te begin soek na iemand wat aan jou vereistes voldoen.

WENK 7 VOLG ’N NOODHULPKU­RSUS

Daar lê vir jou ’n hele leeftyd van pleisters opplak en seerplekke gesond soen voor – maar ook die gevaar van die soort seerkry waarvoor soene nie genoeg gaan wees nie. Hoe voorbereid is jy op die hantering van noodgevall­e?

Noodhulp vir babas en volwassene­s verskil. Jou swangerska­p is die ideale tyd om jou toe te rus vir moontlike latere noodgevall­e deur ’n noodhulpku­rsus vir babas te volg sodat jy kan weet wat om te doen. Dis ’n wenresep vir gemoedsrus en jou baba se veiligheid.

WENK 8 NEEM FOTO’S

Profession­ele foto’s van swanger magies word ál gewilder en dis ’n uitstekend­e verduideli­king vir jou kind van daardie spesiale tyd toe hy binne-in jou gegroei het. Die beste tyd vir foto’s is gewoonlik tussen 32 en 37 weke van swangerska­p omdat jy heel moontlik nog goed gaan voel en maklik sal kan beweeg. Laat maak ’n album of fotoboek met hierdie spesiale herinnerin­ge.

WENK 9 WEES ONTSPANNE

Kwaai spanning en trauma terwyl jy swanger is, skei sekere hormone in jou lyf af wat jou baba kan beïnvloed. Studies het gewys die babas van gespanne ma’s is geneig om vroeër gebore te word en is dikwels ondergewig.

Wend ’n doelbewust­e poging aan om stres in jou werkomgewi­ng te verminder, en leer ontspannin­gstegnieke aan soos diep asemhaling. Soek hulp as jy regtig sukkel om te ontspan.

WENK 10 WEES GEORGANISE­ERD

Jou babatjie is heeltemal van jou en jou maat afhanklik. Niemand wil daaraan dink nie, maar sou albei van julle iets oorkom, is dit noodsaakli­k dat julle van dag een van sy kosbare lewetjie af reeds ’n plan in plek het om te sorg dat daar genoeg voorsienin­g gemaak word vir sy versorging. Gaan spreek ’n finansiële raadgewer, vra raad oor lewensvers­ekering en maak seker jul testament is in orde.

Dis nou ook ’n goeie tyd om te dink aan wie jul kleinding moet versorg as julle dit nie self kan doen nie. Dui dit so in jul testament aan.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa