Serviks WAT NIE KAN NIE
Een uit 100 swanger vroue se serviks is nie sterk genoeg om hul baba tot die einde te dra nie. Hoe dan gemaak? Hier is wat die toestand vir jou en jou baba beteken.
VERSTAAN JOU SERVIKS
Die serviks of baarmoedermond is ’n nou tonneltjie wat van die baarmoeder na die vagina lei. Die deel waar dit in die vagina open word die eksterne os genoem, en die opening aan die kant van die baarmoeder is die interne os.
In jou swangerskap het die serviks twee take: Dit moet styf toe bly terwyl jou baba in die baarmoeder groei, en dit moet tot omtrent 10 cm wyd ontsluit of oopmaak wanneer jy kraam.
Soms word die serviksweefsel beskadig en hoewel dit genees, bly ’n letsel agter wat dit swakker maak. Jy sal meer geneig tot ’n swak of inkompetente serviks wees as: • Jy al ’n operasie aan jou serviks onder
gaan het, • Jou serviks met ’n vorige bevalling beska
dig is, • Jy met ’n misvormde serviks of baarmoe
der gebore is, • Jou serviks vroeër beseer is, soos met ’n terminasie (veral in die tweede trimester) of miskraam, • Jy met ’n vorige swangerskap reeds ’n
inkompetente serviks gehad het, of • Jy ’n infeksie het wat veroorsaak is deur ’n bakterie (soos sifilis) of ’n virus (soos die menslike papilloomvirus of MPV). Die dokter kyk gewoonlik eers teen 21 weke met ’n roetine-sonarondersoek hoe sterk jou serviks is. As jy ’n inkompetente serviks vermoed, moet jy jou dus voor dan so gereeld moontlik laat ondersoek.
DIT HET MET MY GEBEUR ALET FELL (37), CENTURION
DIE PROBLEEM
Soms is die serviks so swak of inkompetent dat dit nie vir jou volle swangerskap kan toe bly nie. Namate jou baba groei en swaarder word, druk hy teen die serviks en dan begin die serviks oopgaan nog voor jou baba gereed is om gebore te word en sonder dat jy kontraksies kry.
Dokters let dit meestal in die tweede trimester op wanneer hulle die servikale opening met ’n roetine-sonarondersoek meet.
As ’n inkompetente serviks onbehandel bly, kan dit ’n vroeë geboorte of selfs ’n miskraam tot gevolg hê.
HOE WORD JY GEHELP?
As die dokter ’n inkompetente serviks diagnoseer (of servikale onvermoë, soos dit ook genoem word), is die kans goed dat hy jou sal laat opneem om ’n servikale sluitsteek aan te bring. Dit sal die serviks kunsmatig toehou tot tyd en wyl dit tyd is om die lewe te skenk.
Daar is drie sluitsteeksoorte: • McDONALD-SLUITSTEEK Dit is ’n tabaksakkie-rygsteek wat al om die serviksopening in jou baarmoeder gewerk word. Dit word gewoonlik voor die geboorte verwyder. • SHIRODKAR-SLUITSTEEK Dit behels ook ’n tabaksakkiesteek, maar is permanent met die gevolg dat jy waarskynlik ’n keisersnee sal moet kry. • TRANSABDOMINALE SLUITSTEEK (TAS) Dié steek word gewoonlik ingesit deur ’n snit in die buik te maak of met die hulp van ’n laparoskopie. Die TAS word aan die bokant van die serviks geplaas om die serviks te versterk en tregtervorming te voorkom. Jy sal ‘n keiser moet kry. Dié prosedures word onder narkose of spinale verdowing uitgevoer. Kenners meen die veiligste tyd daarvoor is tussen 10 en 14 weke van swangerskap.
Jou dokter sal jou agterna heel moontlik vir ’n paar dae op bedrus plaas en seks sal vir die res van jou swangerskap taboe wees.
NÁ DIE SLUITSTEEK
Sowat 90 persent van vroue wat nie ’n sluitsteek as ’n noodgeval kry nie, kan hul baba tot die einde dra – oftewel tot 37 of 38 weke van swangerskap, wat in die geval van ’n inkompetente serviks as voltermyn beskou word.
DANKIE
Dankie aan prof. Barend Lindeque vir sy hulp met die artikel. Hy is hoof van die departement ginekologie en verloskunde aan die Universiteit van Pretoria en ook verbonde aan die Netcare Femina-kliniek in Pretoria. My eerste swangerskap het normaal verloop. Ek en my man, Chris, het in daardie stadium in Ghana in Wes-Afrika gebly en ek het heen en weer tussen Ghana en Suid-Afrika gevlieg.
Op 39 weke het my ginekoloog gesien dat ek ontsluit is, hoewel ek nie kontraksies gekry het nie. My dogtertjie, Elizabeth, is die volgende dag met ’n keisersnee gebore.
Met my tweede swangerskap het ek op omtrent 20 weke een oggend toilet toe gegaan en daar het my water gebreek. Dit het gevoel asof emmers water by my bene afstroom. My man het inderhaas met my hospitaal toe gejaag, waar ek opgeneem is. Terminasie van die swangerskap is aanbeveel, maar ek het geweier. Ek het ons dogtertjie, Matilda, nog twee weke gedra maar een dag opgestaan (ek was op bedrus) en nie reg gevoel nie. Haar bene was alreeds deur my serviks. Ons het haar op 22 weke verloor.
Die volgende jaar, in 2015, het ek ’n swangerskap gehad wat op nege weke geëindig het. Ons baba se hart het gaan staan.
Vroeg in 2016 het ek weer swanger geraak. Weer eens was dit ’n maklike swangerskap met min naarheid of moegheid. Ek het op aanbeveling van my dokter tot op 16 weke progesteroon gebruik. Op 22 weke is ek ginekoloog toe vir ’n roetineondersoek. Alles het baie goed gelyk. My onderklere was klam maar ek het dit toegeskryf aan ekstra afskeiding tydens swangerskap. Die volgende aand het my water gebreek. Weer eens is ek in die hospitaal opgeneem, waar ek drie weke lank op bedrus was.
Op 25 weke en drie dae het ek ’n infeksie ontwikkel. Emily is met ’n keisersnee op 12 Augustus 2016 gebore. Haar longe was swak as gevolg van min vloeistof en sy het ’n infeksie gehad. Sy het ’n paar uur geleef.
My ginekoloog het nie antwoorde gehad nie en het selfs aangedui dat die vroeë geboorte dalk toegeskryf kan word aan antidepressante wat ek tydens my swangerskap gedrink het. Al was ek in rou, móés ek net antwoorde kry.
Ek het op die internet gesoek na ginekoloë wat bekend is vir hul hantering van hoërisiko-swangerskappe en afgekom op iemand wat gelyk het of hy my sou kon help. Ek was op ’n absolute laagtepunt en Chris het my op pad na die ginekoloog gewaarsku dat hy heel moontlik nie vir ons ’n antwoord sou hê nie. Ek het my swangerskapsgeskiedenis uitgeskryf en die dokter het dit aandagtig gelees. Hy het ook gekyk na die laboratorium-resultate van my vorige swangerskappe. En toe kom die diagnose: inkompetente serviks. Dit was die eerste keer dat ek die term gehoor het. Ons was verstom dat daar ’n rede was waarom ek twee babas in die tweede trimester verloor het.
Die diagnose is op grond van my swangerskapsgeskiedenis deur ’n ginekoloog by Femina Netcarehospitaal in Pretoria bevestig en deur ’n spesialis in Chicago in Amerika, dr. Arthur Haney, aan wie ek ook my swangerskapsgeskiedenis gestuur het.
Ek is na die ginekoloog prof. Barend Lindeque by die Femina Netcare-hospitaal in Pretoria, een van die min artse wat die transabdominale sluitsteek-prosedure ( TAS) doen.
Hy het my diagnose bevestig en gesê dat ek ’n goeie kandidaat vir ’n TAS is. In Januarie 2017 is my TAS deur ’n snit in my buik geplaas. Ek hoop en bid dat die TAS sy werk sal doen en dat God ons met nog ’n kind sal seën.
Toe ek uit die bed opstaan, het my baba se bene alreeds deur my serviks beweeg.