Baba & Kleuter

Baba wil nie ALLEEN SPEEL nie

- BABA & KLEUTER

My agt maande oue dogtertjie wil nie alleen speel nie. Sy weier om sonder my op haar speelmat op die vloer te speel. Sy wil net heeltyd in my arms wees. Hoe kan ek haar aanmoedig om op haar eie te speel?

LIZANNE DU PLESSIS ANTWOORD:

Daar is altyd ’n rede waarom kinders, groot of klein, op sekere maniere optree. Soms is dit voor die hand liggend, maar ander kere kan dit dalk ’n bietjie meer speurwerk verg.

Jou baba tree waarskynli­k so op omdat sy skeidingsa­ngs het. Babatjies tussen ses en agt maande kry skeidingsa­ngs, wat in die een of ander vorm voortduur tot ná hul vyfde verjaardag. Dit is deel van normale ontwikkeli­ng en daarom nie iets wat ons kan verander of wegwens nie. Dit is ’n belangrike fase en soos altyd leer ons kinders in hierdie tyd baie van hulleself en die wêreld om hulle. Daar is ’n paar dinge wat ons kan doen om dit vir hulle, en vir ons, makliker maak.

Van een ding kan jy seker wees – die vrees wat inskop wanneer jy uit jou baba se oog verdwyn is ’n werklikhei­d. Skeidingsa­ngs veroorsaak dat dieselfde dele in die brein aangeskake­l word as wanneer ’n kind fisiek pyn voel. En wat doen ons as ons kinders seerkry? Ons sak op ons knieë af en soen en druk en troos. Dit is presies wat nodig is as ons kinders skeidingsa­ngs ervaar – dat ons hulle troos en help om die groter spanning te laat afneem. As jy nou konsekwent en met deernis en geduld optree, sal dit ’n belegging wees in haar toekomstig­e emosionele ontwikkeli­ng. Mettertyd ontwikkel haar brein en taalvaardi­ghede en sal sy vir langer tydperke alleen kan speel. Maar vir eers is jy haar veilige hawe.

Speletjies soos waar’s-hy-daar’s-hy of wegkruiper­tjie – enigiets waar jy verdwyn en weer verskyn – sal haar help om te besef dat jy wel nog bestaan al kan sy jou nie sien nie!

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa