Baba & Kleuter

PAK JOU DOEKSAK

Sorg dat jy vir énige gebeurlikh­eid gereed is met ’n goeie doeksak wat slim gepak is.

- DEUR LIBBIE JOUBERT

DIE IDEALE DOEKSAK

Jy gaan vir minstens die volgende twee jaar ’n doeksak oral met jou saamdra. Kies dus een met die volgende eienskappe: • Dit moet groot genoeg wees dat álles

daarin kan pas. • Jou maat gaan dalk ook soms die sak help dra en sy manlike ego kan dalk net vasskop teen ’n skelpienk sak met blommetjie­s en bytjies op. • Kies een met ’n stewige, verstelbar­e band wat jy oor jou skouer kan hang sodat jou hande vry is. Daar is deesdae lieflike doekrugsak­ke beskikbaar. • Die materiaal van die sak moet wasbaar wees; jy gaan dit nog baie moet was. Baie doeksakke het hul eie ruilmat – maak seker dié mat is ook wasbaar. • Dis nuttig as die sak verskeie klein sakkies aan die binne- en buitekant het. So kan jy verskillen­de artikels op verskillen­de plekke bêre en selfs vuil doeke en klere eenkant hou. • Kies ’n sak wat wyd is pleks van diep. Dis moeilik as ’n mens moet skarrel om ’n vogdoekie raak te vat.

PAK VIR ’N UITSTAPPIE

• Minstens vyf doeke • ’n Kleinerige houertjie boudjiesal­f

wat jy altyd in die sak hou • Vogdoekies • Gegeurde plastieksa­kkies om vuil doeke in te hou en vuil klere in te bêre • Twee klein pakkies sneesdoeki­es • Sonskerm vir jou baba • Een ekstra stel kleertjies en iets warms, winter en somer • ’n Ekstra frokkie

in die winter • ’n Ekstra hemp

vir jou • ’n Klein kom

bersie • ’n Ruilmat • Twee verskillen­de

speeldinge • As sy ’n fopspeen suig, ’n ekstra fopspeen en ’n houertjie waarin dit gehou word • As sy al eet – ’n sakkie babakos en borslappe (’n Mens kan wonderlike weggooibar­e borslappe koop.) • ’n Paar rand vir ’n noodgeval

EKSTRAS VIR DIE DOEKSAK

• ’n Koorspen • ’n Klein botteltjie Panado- of Calpol

stroop • Vingerkoek­ies (veral vir babas wat besig

is om tande te kry) • Antibakter­iese handseep

 ??  ?? Is dit nou ’n doekof ’n handsak? Babysense se Melanie Nudedoeksa­k R899, Baby City en www. babysense.com.
Is dit nou ’n doekof ’n handsak? Babysense se Melanie Nudedoeksa­k R899, Baby City en www. babysense.com.
 ??  ?? Nuby se bont Soothe & Play Teether word maklik deur baba vasgehou. R99,99, Baby City, Baby Boom, DisChem en Babies R Us. ’n Foppie vir die sak. NUK se Geniusfops­peen, vanaf R99,99 by die meeste kleinhande­laars.
Nuby se bont Soothe & Play Teether word maklik deur baba vasgehou. R99,99, Baby City, Baby Boom, DisChem en Babies R Us. ’n Foppie vir die sak. NUK se Geniusfops­peen, vanaf R99,99 by die meeste kleinhande­laars.
 ??  ?? Hou altyd vogdoekies byderhand. Pigeon se 99% Pure Water-vogdoekies R32,99 vir ’n pak van 82, babawinkel­s, Dis-Chem, apteke, kleinhande­laars en takealot.com.
Hou altyd vogdoekies byderhand. Pigeon se 99% Pure Water-vogdoekies R32,99 vir ’n pak van 82, babawinkel­s, Dis-Chem, apteke, kleinhande­laars en takealot.com.
 ??  ??
 ??  ?? Huggiesdoe­ke vir seuntjies en dogtertjie­s, ongeveer R209,99 per pak. Koop dit by alle groot kleinhande­laars.
Huggiesdoe­ke vir seuntjies en dogtertjie­s, ongeveer R209,99 per pak. Koop dit by alle groot kleinhande­laars.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa