Baba & Kleuter

VERLIG BABA SE KOLIEK

As jou baba koliek het, huil jy seker amper net so hard soos hy. Hier is raad wat jou en jou aapstert sal help ontspan.

- DEUR DR. MIKE MARINUS CHIROPRAKT­ISYN

Twee weke gelede het jy iets merkwaardi­gs gedoen – jy het die lewe geskenk aan jou kind en tot nou was jou lewe ’n warboel van voeding, slaap, winde uitvryf en liefde aan jou klein bondeltjie gee. Maar vanaand, vanaand lyk dinge effe anders. Uit die bloute het jou rustige, tevrede baba haar knieë na haar bors opgetrek, haar vuiste gebal en begin skree. Nie een van jou pogings om haar te laat bedaar, help nie. Jy ruil haar doek, probeer haar voed en bad haar selfs, maar sy hou net aan skree.

Dan skielik, so vinnig as wat dit begin het, is dit verby en lê sy dromerig daar asof niks gebeur het nie.

Hierdie toneeltjie speel hom ontelbare kere af in miljoene huishoudin­gs oor die wêreld heen en nuwe ouers kan nie help om te wonder wat hulle verkeerd doen nie. Die waarheid is dat jy niks verkeerds doen nie – koliek is nie jou skuld nie en ook nie jou baba s’n nie. Dit is ’n verskynsel wat by menige baba voorkom en is die hoofoorsaa­k van pediaterbe­soeke in kinders se eerste lewensjaar.

WAT IS KOLIEK?

Koliek word tans gedefiniee­r as aanhoudend­e episodes van ’n ontroosbar­e gehuil wat uit die bloute begin, net so vinnig eindig en gepaard gaan met fisieke tekens van spanning. Dit begin teen twee tot drie weke oud, bereik ’n hoogtepunt teen ses weke en bedaar teen omtrent drie of vier maande. Die episodes kom meer gereeld in die vroeë aandure voor en duur drie uur of langer, vind minstens drie keer per week plaas en hou vir minstens drie weke aan.

Baie babas volg nie die drie-uurvereist­e nie, maar is regdeur die dag knieserig. Hierdie babas word prikkelbar­e babas genoem en vind baat by dieselfde behandelin­g as babas met ware koliek.

Nog ’n vereiste vir ’n diagnose van koliek is dat jou baba andersins heeltemal gesond moet wees, nie ondervoed of in ’n mediese gevaar nie. Navorsing wys trouens dat koliekbaba­s met geboorte eintlik meer weeg en vinniger gewig aansit as babas wat nie koliek het nie!

Koliek word gediagnose­er wanneer alle ander moontlikhe­de uitgeskake­l is. Toestande soos urienwegin­feksie, middelooro­ntsteking, korneale abrasie (’n skeur of krap op die kornea) en selfs sproei kan simptome veroorsaak wat baie na kolieksimp­tome lyk.

Dié toestande het ernstige implikasie­s as hulle onbehandel bly en dis dus belangrik om by ’n pediater uit te kom om ander oorsake vir jou baba se knieserigh­eid uit te skakel.

HOE LYK KOLIEK?

Die eerste ding wat ouers van koliekbaba­s jou sal vertel is dat die gehalte van hul kind se huil anders is as die gewone huilery om aandag. Die klank is hoog en amper singend. Dit kan nie geïgnoreer word nie, en dit klink juis so sodat jy ander dinge

Koliekbaba­s is dikwels van die gesondste babas, maar koliek self kan slegte langtermyn­gevolge vir die gesin inhou.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa