Baba & Kleuter

HOE JY KAN HELP

-

1 RAAK OP DIE REGTE MANIER VAN WINDJIES ONTSLAE Winde wat nie opgebring word nie oorstimule­er jou kind onnodiglik en keer dat sy in haar diep slaap ontspan, wat sy juis nodig het. Sorg dat jou kind minstens een keer tydens ’n voeding ’n wind opbring, gevolg deur aktiewe winde aan die einde van die voeding.

Moenie te vinnig moed verloor nie, hou aan tot jy die metode vind wat vir jou en baba werk. Lê jou baba plat op haar rug neer en ry vyf tot tien sekondes lank fiets met haar beentjies. Dit help om gas vry te stel. Op bl. 57 word nog winduitvry­f- maniere voorgestel.

2

MEDIKASIE Die rakke is vol koliekkonk­oksies en babapynver­ligtingsmi­ddels. Die meeste daarvan is egter spesifiek en word met sekere toestande verbind. Doen jou navorsing oor oor- die- toonbank- middels voor jy iets koop en vra hulp by die babaklinie­k as jy steeds onseker is.

waarmee jy besig is kan staak en aandag aan jou baba kan gee. Die ander fisieke tekens waarvoor jy moet uitkyk sluit in: • Jou baba se gesig is rooi. • Sy knieë is tot teen sy bors opgetrek. • Sy handjies is in vuiste gebal. • Sy gesig is vertrek asof hy pyn het. • Die ruggie is hol getrek en die nek uit

gestrek. • Die lyfie is styf. • Hy is sweterig. • Sy voetjies is koud.

DIT MAAK SAAK

Hoekom maak koliek ’n mens dan so bekommerd – jy weet mos jou baba is basies gesond en sal geen langtermyn­gevolge daarvan oorhou nie?

Die Amerikaans­e koliekkenn­er dr. Barry Lester, skrywer van Why Is My Baby Cry

ing?, reken dat sommige gesinne jare nadat die koliek al verby is, nog die gevolge daarvan dra.

Een van die belangriks­te tydperke vir

Hou rekord van watter middels wat doen en gesels met jou pediater daaroor wanneer jy jou baba vir ’n ondersoek neem.

3

JOU DIEET Volgens die nuutste navorsing reageer net 15 persent van borsbabas op die kos wat hul ma eet. As jou kind egter binne dié 15 persent val, word jou dieet baie belangrik.

’n Goeie reël is om dan eerder weg te bly van melkproduk­te, sjokolade, sitrus, kafeïen, grondbone en groen blaargroen­te.

4

TERAPIE Terapie soos chiroterap­ie en kraniosakr­ale terapie is daarop gerig om die geboortest­res op ’n baba se ruggraatge­wrigte en - spiere te verminder en die senuweevlo­ei vanaf die ruggraat na die res van die liggaam te reguleer. Dit laat ’n baba toe om haar liggaamsfu­nksies meer doeltreffe­nd te reguleer, ook die spysverter­ingskanaal waar koliek gewoonlik skuil. binding tussen ma en kind is die eerste drie maande en as dit gekenmerk word deur baba wat vreeslik huil en jy wat jou hare uit jou kop wil trek, kan dit moeilik wees om die verhouding in ’n gesonde rigting te stuur.

Dit eis nie net sy tol van ouers nie (moederlike depressie word verbind met koliek), maar het ook ’n invloed op ander verhouding­s in die gesin wat onnodige stres en spanning veroorsaak.

Die ontwikkeli­ng van jou baba se senustelse­l word regstreeks verbind met sy interaksie met die wêreld. As hy aanhoudend in ’n strestoest­and is, word hierdie ontwikkeli­ng vertraag.

Nuwe studies wys dat wanneer babas in die eerste paar weke van hul lewe aan hewige stres blootgeste­l word, dit hul vermoë beïnvloed om stres en pyn later in hul lewe te hanteer.

Gelukkig is daar meer as genoeg hulp en raad beskikbaar by voorgeboor­teklasse, klinieke, dokters, pediaters, homeopate, chiroprakt­isyns en laktasieko­nsultante. Moenie wag tot jou verhouding met jou baba agteruitga­an nie; gaan vra hulp.

Laat jou dokter jou baba diagnoseer as jy koliek vermoed sodat jy behandelin­gsopsies kan begin oorweeg. Lees in die kassie bo meer daaroor.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa