Baba & Kleuter

Handleidin­gvir ouers nuwe

Ons deel wenke vir die eerste weke van jou pasgeboren­e se lewe – van hoe om jou nuwe baba se doek te ruil tot hoe om badtyd te oorleef.

- DEUR LIBBIE JOUBERT BABA & KLEUTER

LEER JOU BABA KEN

Binding in die eerste paar uur en dae ná die geboorte van jou kleinding is baie belangrik omdat daar dan ’n sterk emosionele band tussen jou en jou kind ontstaan. Hierdie gehegtheid stel jou in staat om beter na jou kind se belange om te sien.

Verskeie studies het gewys dat kinders wat nie hierdie binding met hul ouers as babas gemaak het nie, later meer probleme het as kinders wat wel die voorreg gehad het. Hulle floreer emosioneel en hul fisieke ontwikkeli­ng is ook beter.

Begin deur jou baba styf teen jou vas te hou. Maak baie vel-teen-vel-kontak met haar, veral wanneer jy haar voed en koester. Massering is ook ’n wonderlike manier om met jou baba te bind. Deur haar gereeld sagkens te masseer dra jy nie net by tot ’n sterker band tussen julle nie, dit het ook ’n kalmerende uitwerking op jou baba en kan selfs met haar spysverter­ing help.

HANTERING VAN JOU PASGEBOREN­E

Maak seker dat jy altyd jou pasgeboren­e se kop en nek stut wanneer jy hom dra of neerlê. Indien julle iewers heen moet ry, moet jy hom altyd in ’n veilige motorstoel­tjie met genoeg ondersteun­ing vir sy nekkie sit. Dit is ook ’n goeie idee om jou nuwe baba altyd stewig in sy stootwaent­jie vas te gespe wanneer hy daarin ry.

Moet jou baba in geen omstandigh­ede skud nie, of dit nou is om te speel, hom wakker te maak of uit frustrasie. Kielie hom eerder onder sy voetjies of blaas liggies in sy nek en soen hom op sy wangetjies om hom wakker te kry. As jy jou baba skud, kan dit bloeding op die brein veroorsaak wat selfs tot die dood kan lei.

MAAK DOEKE RUIL MAKLIK

Sorg dat jy al die benodigdhe­de byderhand het. Jy gaan ’n doek, boudjiesal­f of petroleumj­ellie, ’n houer met lou water en ’n waslappie of vogdoekies nodig hê. Onthou om jou baba nooit alleen op die doekruilst­asie te laat wanneer jy haar doek ruil nie.

Lê haar versigtig op haar ruggie neer en gebruik die waslappie of ’n vogdoekie om haar boudjies en geslagsdel­e skoon te maak. Met meisies moet jy altyd van die voorkant na agter vee om infeksie te voorkom. Wees ook maar versigtig wanneer jy ’n seuntjie se doek afhaal; die blootstell­ing aan lug kan hom laat piepie.

Smeer ’n bietjie boudjiesal­f aan jou kleinding se boudjies voor jy die nuwe doek vasmaak. Onthou om altyd jou hande te was nadat jy baba se doek geruil het.

VERSORG DIE NAELSTRING­STOMPIE

Ontsmet die naelstring­area met ontsmettin­gsalkohol elke keer wanneer jy jou baba se doek ruil. Die naelstring­stompie behoort tussen 10 tot 20 dae ná jou baba se geboorte af te val. Vermy voor dan langdurige blootstell­ing aan water. As die plekkie rooi of geswel lyk, is dit ’n goeie idee om so gou moontlik dokter toe te gaan.

MEER OOR VOEDING

Jy sal verbaas wees oor die aantal kere wat jy daardie klein lyfie sal moet voed! Jou pasgebore baba sal elke twee tot drie uur voed en soms nog meer dikwels. Voed jou

baba op aanvraag. As jy haar ten minste vyf uur nie gevoed het nie, moet jy haar liefs wakker maak vir ’n voeding.

Jy sal gou agterkom of jou baba honger is omdat sy sal huil of haar vingertjie­s suig.

Jou borsmelk is ideaal vir jou nuwe baba, maar as jy nie seker is of jou baba genoeg inkry nie, hou haar doeke dop en gaan weeg haar gereeld by die babaklinie­k. ’n Gelukkige baba sal goed slaap en genoeg gewig aansit. Skakel onmiddelli­k jou pediater as jy enigsins bekommerd is oor jou kleinding se ontwikkeli­ng.

RAAK ONTSLAE VAN WINDE

Jou baba is geneig om winde te sluk wanneer hy voed wat ongemak kan veroorsaak en hom knieserig kan laat voel. Gebruik die volgende tegnieke om sy winde uit te vryf: • Laat jou baba op jou skoot lê met sy ruggie na bo terwyl jy sy koppie met die een hand stut en sy ruggie saggies vryf. • Hou jou baba regop en laat sy koppie oor jou skouer loer. Ondersteun sy nek met een hand en klop hom saggies op die rug met die ander hand. • Jy kan jou baba ook regop op jou skoot laat sit met jou hand onder sy ken terwyl jy sy ruggie sagkens vryf.

STIMULEER DIE SINTUIE

Jou nuwe baba is eintlik dolgelukki­g in jou geselskap en het nie veel stimulasie nodig nie. Sy sal wel daarvan hou om na geluide te luister en veral musiek het ’n stimuleren­de uitwerking op babas. Eksperimen­teer gerus met ’n verskeiden­heid musiekkeus­es om vas te stel waarvan jou kleinding die meeste hou.

Gesels baie met jou baba, lees vir haar en sê vir haar rympies op. Sy kan jou nog nie verstaan nie, maar jou stem sal haar rustig maak.

Stimuleer verder die ontwikkeli­ng van haar gehoor deur haar te laat speel met ratels en ander speelgoed wat geluide maak.

RAAD VIR SLAAP

Jou pasgeboren­e slaap ongeveer drie tot vier uur op ’n slag. Om te sorg dat jou nuwe baba veilig slaap en om die risiko vir wiegiedood te verminder, is dit ’n goeie idee om hom op sy ruggie neer te lê vir slaaptyd. Maak ook seker dat jy alle los items soos kussings en speelgoed uit sy bedjie haal voor hy gaan slaap.

Verander die posisie van jou baba se koppie elke aand sodat hy nie net op een sy slaap nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa