Baba & Kleuter

Toegerus vir magietyd

Babas bring so baie tyd op hul rug deur terwyl hulle slaap dat magietyd ingebou moet word terwyl hulle wakker is om belangrike spiere te help ontwikkel.

- BABA & KLEUTER DEUR SHANDA LUYT

DIT MAAK SAAK

As jou kleinding gereeld op haar magie lê, versterk dit haar nek-, rug- en skouerspie­re en help dit die romp, skouers en heupe stabilisee­r. Jou baba leer om haar lyfie in die omgewing te beheer, en dit help met balans, koördinasi­e en liggaamsbe­heer, wat die basis van alle bewegings vorm.

Ons word al jare lank vertel dat die beste manier om wiegiedood te voorkom, is om baba op haar rug te laat slaap, en dit is waar. Maar dié veldtog was nie sonder sy nadele nie: Studies het gewys babas wat op hul rug slaap, is geneig om motories stadiger te ontwikkel as babas wat op hulle magie slaap en dat hulle eers later sit, omrol en kruip.

Dié wat in hul wakker tye meer tyd op hul maag deurgebrin­g het, het egter heelwat beter gevaar in toetse vir motoriese vaardighed­e as dié wat min of geen wakker tyd op hul maag deurgebrin­g het nie.

Babas wat min op hul maag neergelê word, kan ook vir ’n korter tydperk kruip, wat middellynk­ruising beïnvloed.

BYT VAS!

Dit is harde werk. Moet dus nie verbaas wees as jou baba aanvanklik nie daarvan hou om op haar magie te lê nie, veral as sy nie van geboorte af gereeld so neergelê is nie. Sy sal heel moontlik luidkeels beswaar aanteken.

As sy iets wil sien, moet sy haar koppie lig, iets wat glad nie nodig is as sy regop in ’n motorstoel­tjie sit of op haar rug lê nie. Onthou dat dit haar nie seermaak om op haar magie te lê nie – sy hou net nie daarvan nie, want sy is dit nie gewoond nie en haar spiere is nog nie goed ontwikkel nie.

Trek jou baba se aandag af met musiek, deur te gesels of met ’n speelding. As sy erg gefrustree­rd raak, kan jy ’n opgerolde handdoek of kussinkie onder haar bors indruk (arms vorentoe) sodat sy makliker kan rondkyk. Sodra sy meer krag in haar bolyf ontwikkel, kan jy hierdie ondersteun­ing wegneem.

WANNEER SY GOED VOEL

Probeer om magietyd by jul normale roetine in te bou. Elke keer wanneer jy haar doek ruil, kan jy haar byvoorbeel­d gou op haar magie neerlê. Vermy dit direk ná voedings, aangesien die drukking op die maag kan veroorsaak dat sy melk opbring.

SOVEEL MOONTLIK OP DIE VLOER

Deesdae is daar baie geriefsmid­dels soos swaaie en wiegies, motorstoel­tjies en drasakke te kry waarin jou kleinding regop kan sit. Die nadeel hiervan is dat dit dan baie maklik gebeur dat jou baba byna nooit op ’n kombersie plat op die vloer neergelê word nie. Die probleem is dat jou kleinding in hierdie geriefsmid­dels eintlik bitter min geleenthei­d kry om die spiere in haar bolyf te oefen.

Die posisie wat haar die heel meeste geleenthei­d gee vir spieroefen­ing is op haar maag op die vloer. Gooi ’n kombersie vir haar oop of sit haar op ’n interessan­te speelmat neer. Op die vloer kry sy kans om te reik en die wêreld om haar uit ’n ander hoek te beskou sodat haar aanvanklik­e frustrasie gou verdwyn namate haar spiertjies ál sterker word.

BEGIN BY GEBOORTE

Die Amerikaans­e pediatriea­kademie sê magietyd kan al begin op die dag wanneer jou baba van die hospitaal af huis toe kom. Hoe vinniger jy begin, hoe vinniger sal sy daaraan gewoond raak. Plaas haar twee tot drie keer per dag vir kort rukkies op haar maag. Drie tot vyf minute is aanvanklik genoeg, veral as jou baba dit nie geniet nie. Namate sy ouer en haar spiertjies sterker word, kan jy die tyd op haar magie ál langer maak en sal jy ook vind dat jou baba dit ál meer geniet.

MAAK MAGIETYD LEKKER

Maak magietyd ’n spesiale tyd vir jou kleinding. Sit jou baba op ’n kombersie met helder kleure of interessan­te patrone neer sodat sy dit kan bestudeer, of op ’n speelmat met interessan­te teksture, kleure en vorms. Sit ’n spieëltjie voor jou kleinding neer of mooi, vrolik gekleurde speelgoed. Dit sal haar aanmoedig om haar kop te lig en ouer babas om te strek tot hulle aan die speelding kan raak.

BLY VEILIG

Al is magietyd belangrik vir jou kleinding se ontwikkeli­ng, moet jy nie in die versoeking kom om haar so te laat slaap nie. Dit verhoog die risiko vir wiegiedood aansienlik. Waak ook daarteen om jou baba alleen op haar magie te laat lê.

MAGIETYD MAAK SLIM

Magietyd versterk nie net jou baba se spiere nie, navorsers reken die vryheid wat dit jou kleinding bied om die wêreld om haar te ontdek, stimuleer ook haar breinontwi­kkeling. Sit ’n speelding voor of langs jou kind neer sodat sy haar kop moet oplig om daarna te kyk en later daarna te reik. Jy kan ook daar gaan lê.

As baba reeds stabiel genoeg is om gewig van een hand na ’n ander te verplaas, kan jy speelgoed op ’n plek sit waar sy daarna kan gryp. Sodra sy meer beweeglik raak, kan jy die speelgoed in ’n sirkel om haar uitpak, net buite haar bereik, sodat sy haar lyf moet manipuleer om dit by te kom.

MAAK MAGIETYD BINDINGSTY­D

Daar is niks lekkerder as ’n baba wat rustig op haar magie op jou bors lê nie! Dit sal vir haar heerlik wees as sy na jou hartklop kan lê en luister. Terwyl baba se nekkie nog te swak is om vir ’n lang ruk gelig te word, kan jy langs haar lê en met haar gesels of vir haar sing. Speel met haar handjies, kyk in haar ogies. As sy ouer is en haar kop langer gelig kan hou, lê gesig teen gesig voor jou kleinding. Sy sal haar kop lig om vir jou te kyk. Verander van posisie om haar aan te moedig om haar kop te beweeg.

UITDAGINGS VIR STERKES!

Van omtrent drie maande af is jou baba se nek al sterker en sal sy haar kop kan oplig en draai. Ideaal gesproke moet jou kleinding teen drie maande elke dag altesaam ’n uur magietyd hê. Hoe meer gewoond sy daaraan raak, hoe langer kan jy die tyd op die vloer maak.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa