Baba & Kleuter

Winter- wenke vir ’n snoesige slaaptyd

Al byt die winterkoue, hoef dit nie met jou baba se slaap in te meng nie.

- BABA & KLEUTER DEUR SHANDA LUYT

Slaaptyd in die winter bring sy eie vrese en uitdagings vir ma en baba mee. Wat as baba hom oopskop en koud kry? Hoe weet jy hy is warm genoeg? Of is hy dalk te warm toegedraai? Dan is daar nog al die toe neusies en verkoues wat in die winter so maklik vastrapple­k kry. Maar as jy slim te werk gaan, kan jou baba en jy hierdie warmsjokol­ade-seisoen lekker snoesig slaap.

WINTERSLAA­P VS. SOMERSLAAP

Seisoenwis­seling en hoe laat dit lig en donker word, het soms ’n invloed op volwassene­s se slaappatro­on omdat lig ’n rol speel in hoeveel melatonien – die slaaphormo­on – jou liggaam vervaardig. In studies is egter gevind dat babas eers teen sowat drie maande oud genoeg melatonien kan vervaardig om slaap aan te help en dat hul melatonien­produksie nie noodwendig met die seisoene saamval nie.

Jou baba se slaappatro­on verskil nie regtig veel van winter na somer nie, beaam die slaapkenne­r Carla Haarburger van Sleeptight in Kaapstad.

“Hy kan dalk in die somer vroeër wakker word omdat die son deur die gordyne skyn en in die winter ’n bietjie later slaap, maar met gordyne wat die lig uitsluit maak dit ook nie regtig saak nie.”

Baie hang af van jou baba se ouderdom en roetine, sê suster Teresa Hayward van Port Elizabeth. “Babas onder ’n jaar gaan slaap dieselfde tyd ongeag wanneer die son ondergaan.”

Theresa beveel aan dat hulle tussen 18:00 en 20:00 gaan slaap, wat ook al die seisoen. As hulle ouer raak, kan jy hul slaaptyd effens volgens die seisoene begin aanpas.

MOET JY ’N VERWARMER KIES OF BABA ONDER MEER KOMBERSE TOEMAAK?

’n Verwarmer sal die kamertempe­ratuur meer konstant hou, sê Carla, en dan hoef jy jou ook nie te bekommer dat hy hom dalk deur die nag oopskop nie.

Teresa verkies ook ’n verwarmer bo ekstra komberse.

“Baie komberse maak die gevaar vir wiegiedood groter en lei maklik tot oorverhitt­ing.

“Hoe knusser jou baba slaap, hoe dieper slaap hy boonop en dan bestaan daar die gevaar dat hy vergeet om asem te haal.”

WINTERVERK­OUES EN TOE NEUSIES

’n Toe neus kan kwaai met jou baba se slaappatro­on inmeng – en met joune – omdat hy sukkel om gemaklik asem te haal.

Die eerste opsie is altyd om voorkomend te werk, sê Carla. Was altyd jou hande voor jy jou baba hanteer.

Jy kan ook jou baba se neusie vogtig hou deur elke aand ’n bietjie soutoploss­ing in sy neus te spuit.

As hy wel siek word, moet jy jou dokter of apteker vir veilige medisyne vra. Karvol wat jy op die beddegoed plaas, of Vicks of Puma-salf onder die voetjies en op die bors kan help om die toe neusie oop te kry. Kamerbevog­tigers bring ook verligting.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa