Baba & Kleuter

VEILIG SLAAP IN DIE WINTER

-

Wiegiedood is ’n baie groter werklikhei­d in die winter as in die somer, veral in die nag en in die eerste paar lewensmaan­de. Dit word dikwels toegeskryf aan ouers se geneigdhei­d om hul babas te warm toe te maak sodat hulle oorverhit. Hier is ’n paar basiese veiligheid­sreëls: • Plaas jou baba in die korrekte posisie in die kot: Sy voete moet onder reg teenaan die onderkant van die kot wees sodat hy nie dieper onder die komberse in kan wriemel nie. • Maak seker geen komberse kan oor jou baba se kop of gesig skuif nie deur dit langs die matras in te steek. • As jy jou baba in ’n kokon toedraai, maak seker dit is nie te los (sodat die kombersies kan loskom en oor sy gesig skuif) of te styf (sodat hy oorverhit) nie. Moenie duvets of poolvliesk­ombersies gebruik nie, aangesien dit tot oorverhitt­ing kan lei. • Moenie elektriese komberse of warmwaters­akke gebruik terwyl jou baba in die kot is nie. Jou baba kan nie wegskuif of dit afsit as dit te warm word nie. • Moenie jou baba met ’n mussie of kappie op laat slaap nie. As hy te warm kry sukkel hy meer om sy temperatuu­r te reguleer.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa