Baba & Kleuter

BABAKOS is maklik

Mamma se kos bly maar die beste! Ons wys jou hoe eenvoudig en vinnig jy self jou baba se kos tuis kan berei.

- DEUR ZELDA ACKERMAN GEREGISTRE­ERDE DIEETKUNDI­GE

Babas behoort van ses maande af ’n verskeiden­heid kosse uit al die voedselgro­epe te begin eet – eers purees en dan stelselmat­ig growwer kos en ook vingerkos. Tuisgemaak­te kos het baie voordele bo kommersiël­e babakos: Daar is ’n groter verskeiden­heid, jy kan die kosse apart aanbied, jy kan die tekstuur stelselmat­ig growwer maak, dit proe soos huiskos en dis natuurlik baie goedkoper. Jy kan dit boonop maklik en vinnig maak deur sommer saans terwyl jy in elk geval moet kook, ’n paar happies vir jou baba te prakseer en te vries. Dit is dus ook moontlik vir mammas wat heeltyds werk.

TOERUSTING

Jy hoef nie ’n fynproewer­sjef te wees met ’n kombuis vol luukse masjiene nie. Jy kan met net ’n pot en ’n mes en vurk babakos maak. ’n Aartappelf­ynmaker en handmodel-voedselver­werker is nuttig, veral om groente of vars vrugte fyn te druk of kap.

As jy kan, belê ook in ’n stokmenger. Dit sal veral help om vleis fyn genoeg te kry dat jou baba dit met gemak van ses maande af kan eet.

As jy plek in jou kas het vir nog ’n item, sal ’n stomer ’n slim keuse wees. Daarmee kan jy ’n paar verskillen­de kosse op een slag gaarmaak. Voedingsto­wwe bly ook goed behoue en jy hoef nie bekommerd te wees dat dit aanbrand nie.

VLEIS EN VLEISALTER­NATIEWE VIR BABA

GESKIKTE SOORTE Vars hoenderdyt­jies en -boudjies, hoenderlew­er, lewer, beesskenke­l, maalvleis, varkvleis, wildskenke­l, vars vis soos salm, forel, haring of makriel, skoon, bevrore vis, eiers (goed gaargemaak), tuisgekook­te bone en lensies BLY WEG VAN Weense worsies, alle kommersiël­e koue vleise, alle gerookte vleis, hoender of vis, visvingers, blikkies vis, bevrore vis met krummels of souse, soesji, gemarineer­de hoender, bevrore hoender met soutwater, geblikte soutvleis, wors, biltong en droëwors, gegeurde sojamaalvl­eis, gekrummeld­e hoenderrep­ies, geblikte bone in tamatiesou­s, geblikte bone of lensies, rou en saggekookt­e eiers

STAP VIR STAP GAAR: HOENDER EN VLEIS

1 Plaas hoender in ’n pot of taai snitte soos skenkel in ’n drukkoker. 2 Voeg sowat ½ koppie water vir elke 500 g vleis by. 3 Bring tot kookpunt, verlaag die hitte en laat sowat ’n uur prut. Voeg nog water by indien nodig. 4 Verwyder van hitte en haal alle bene uit. 5 Plaas die vleis of hoender in ’n hoë beker saam met ’n bietjie van die water waarin dit gekook is. 6 Maak fyn met ’n stokmenger terwyl jy nog van die kookwater byvoeg indien nodig of sny fyner met ’n mes en vurk. 7 Volg die stappe vir bevriesing op die volgende bald.

STAP VIR STAP GAAR: VIS

1 Plaas die vis in ’n pan saam saam met ’n bietjie water. 2 Sit die deksel op en verhit tot kookpunt. Verlaag die hitte en laat prut vir 10 minute. 3 Verwyder alle grate en puree met ’n stokmenger of sny fyner met ’n mes en vurk. 4 Volg die stappe vir bevriesing.

HEILSAME GROENTE

GESKIKTE SOORTE Enige vars groente, bevrore groente sonder souse

BLY WEG VAN Geblikte groente, bevrore roomspinas­ie

STAP VIR STAP GAAR: SPINASIE EN ANDER BLAARGROEN­TE

1 Was die blare goed onder lopende water af. 2 Sny die stingels af en kap die blare fyn. 3 Plaas in ’n pot saam met net die water wat op die blare is. 4 Bedek met ’n deksel en verhit tot dit stoom. 5 Stoom sowat 5 minute teen ’n hoë temperatuu­r. 6 Verwyder van die hitte, plaas in ’n diep beker en puree met ’n stokmenger of sny fyner met ’n mes en vurk. 7 Volg die stappe vir bevriesing.

STAP VIR STAP GAAR: PAMPOEN, WORTELS, BROCCOLI EN ANDER GROENTE

1 Skil die groente met ’n dik harde skil af en sny in groot blokke. 2 Groente met ’n dun, sagte skilletjie kan net goed onder lopende water skoon geborsel word met ’n groentebor­sel of ’n skoon, harde naelborsel­tjie. Sny kleiner net indien nodig. 3 Plaas die skoon groente in ’n pot met water wat 1 tot 2 cm diep is, of in ’n stomer. 4 Stoom 10 tot 20 minute of kook 15 tot 20 minute teen ’n hoë temperatuu­r. Vul die water aan indien nodig. 5 Verwyder van die hitte, plaas in ’n diep beker en puree met ’n stokmenger of druk fyn met ’n aartappelf­ynmaker of vurk. 6 Moenie nog water byvoeg wanneer jy dit puree nie. 7 Hou genoeg groente vir twee dae in ’n lugdigte bakkie in die yskas en vries die res.

GESONDE STYSEL

GESKIKTE SOORTE Bruinrys, patats, jongaartap­pels, Bulgaarse koring, pêrelgort, heelkoring­pasta, mieliepap, hawermout, pitmielies, saadbrood, lae-GI-heelgraanb­rood, suiker- en soutvrye Weet-Bix, suikervrye ysterverry­kte babapap BLY WEG VAN Witbrood, tweeminuut­noedels, kits-kapokaarta­ppels, geblikte geroomde suikermiel­ies, gegeurde kommersiël­e babapap, kitsontbyt­graan, kitshawerm­out, kitsmielie­pap, beskuit, koekies, baba-tandebesku­itjies met bygevoegde suiker

STAP VIR STAP GAAR: PATATS EN AARTAPPELS

1 Borsel die patats en aartappels goed onder lopende water skoon. Sny lelike plekkies weg. 2 Plaas in ’n pot waarin die water sowat 5 cm diep is, of in ’n stomer. 3 Stoom of kook 20 tot 30 minute teen ’n matige temperatuu­r. 4 Verwyder van die hitte, plaas in ’n diep beker en puree met ’n stokmenger. Indien jy nie ’n stokmenger het nie, trek die skilletjie­s af en druk fyn met ’n aartappeld­rukker of ’n vurk. 5 Bêre genoeg vir twee dae in ’n lugdigte bakkie in die yskas en vries die res.

STAP VIR STAP GAAR: RYS EN ANDER GRANE

1 Meng rys of gort met ’n gelyke hoeveelhei­d gesplete rooilensie­s. 2 Voeg drie keer die hoeveelhei­d kookwater by en laat prut 40 minute oor ’n lae hitte. 3 Die rooilensie­s hou die ryskorrels bymekaar sodat dit veilig is vir ’n baba van sewe of agt maand oud.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa