Baba & Kleuter

VRIES JOU BABAKOS SO

-

1. Bereide purees kan maklik gevries word sodat jy nie elke dag hoef te kook nie en tog ’n groot verskeiden­heid purees beskikbaar het.

2. Kies ysbakkies waarvan elke ysie sowat een plat eetlepel vol bevat vir vleisporsi­es, en ysbakkies wat twee eetlepels vol hou vir groente en stysel.

3. Skep die puree in die ysbakkies en bedek tot gevries.

4. Keer die gevriesde purees uit en bêre

in sakkies wat seël.

5. Druk soveel lug moontlik uit voor jy dit verseël en skryf die datum waarop dit berei is, op die sakkie.

6. Bêre dit tot drie maande lank in die

vrieskas.

7. Alle soorte vleis vries goed.

8. Vries tuisgekook­te bone heel in ysbakkies en bedek met die soutvrye water waarin dit gekook is.

9. Sommige groentes is waterig wanneer dit ontvries word.

10. Stysels kan soms rubberig wees nadat dit gevries was.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa