Baba & Kleuter

Planne met fiemies

Hoe lei jy jou peuter van ‘ek wil nie daai eet nie’ tot ‘nog, asseblief’?

- DEUR ZELDA ACKERMAN GEREGISTRE­ERDE DIEETKUNDI­GE

Net nadat jy op sosiale media begin spog het oor jou baba wat soos ’n droom alles eet, raak sy skielik vol nukke en grille. Jy verstaan dit nie en probeer alles: van vliegtuigi­espeletjie­s tot spinasie verdoesel. Op moeilike dae druk jy net eenvoudig die lepel in haar mond sodra sy waag om dit oop te maak.

Jy weet dit is sekerlik nie die regte manier nie, maar hoe gemaak as jy al nagmerries kry oor skeurbuik en allerhande ander siektes weens te min vitamiene? Jy sal dalk verbaas wees om te hoor dat die meeste fiemies heeltemal normaal is.

‘MY KIND WIL NIE EET NIE!’

’n Kind wat “swak eet” is in baie gevalle net ’n kind wat nie soveel eet as wat ouers glo ’n kind behoort te eet nie. Babas se ervaring van honger en versadigin­g help hulle om die regte hoeveelhei­d kos te eet om te groei en ’n ideale gewig te handhaaf. As ons nie inmeng nie, sal dié stelsels hulle lewenslank teen oorgewig beskerm.

As jou kind min of selfs glad nie eet nie, beteken dit waarskynli­k dat sy reeds in al haar vorige maaltye al die energie ingeneem het wat sy nodig het. So kan ’n kind ná ’n partytjie of vakansie waar baie lekkernye of wegneemete­s geëet is, vir ’n paar dae lank ’n swak eetlus hê.

As jou kind gedurig min kos eet, is dit baie moontlik dat sy genoeg energie deur drankies soos melk, vrugtesap, koeldrank of soet tee en ook peuselhapp­ies inkry. Hierdie kosse lyk klein of min, maar bevat baie energie.

Maak so as jou kind min met maaltye eet:

• Beperk die hoeveelhei­d melk wat sy drink tot 500 ml per dag.

• Verwyder vrugtesap, koeldrank, soet tee en ongesonde peuselhapp­ies uit jou huis. Vra ook die dagma om nie hierdie dinge vir jou kind te gee nie.

• Moenie vir jou kind iets gee om tussen maaltye te eet of drink nie, behalwe water.

• Moenie jou kind dwing om te eet as sy nie wil nie.

• Laat jou kind aan tafel saam met julle sit, selfs al wil sy nie eet nie.

• Help jou kind om meer aktief te wees deur buite saam met

haar te speel. Dit sal haar eetlus ’n hupstoot gee.

• Laat haar deur ’n dieetkundi­ge evalueer as jy bekommerd is oor die hoeveelhei­d kos wat sy eet.

‘SY WAS MAL OOR TAMATIES … SKIELIK SIT SY NIE HAAR MOND DAARAAN NIE!’

Kinders sal soms so baie van ’n gunsteling­kos eet dat hulle op ’n dag net moeg daarvoor word en dit dan glad nie meer wil eet nie. Hierdie gedrag is heeltemal normaal en word veroorsaak deur ’n meganisme wat ons noem sensoriese versadigin­g. Dit is die liggaam se aangebore manier om verskeiden­heid in die dieet aan te moedig. Moet dus nie bekommerd wees nie; jou kind sal die kos later wel weer begin eet.

Voorkom dit deur nie vir jou kind die keuse te gee oor wat op haar brood moet kom of watter pap sy wil eet nie, maar om self te besluit wat met elke maaltyd geëet word en dit genoegsaam af te wissel.

Maak so as jou kind skielik weier om ’n gunsteling­kos te eet:

• Moenie haar dwing om dit te eet nie.

• Fokus op ander kosse wat sy wel eet.

• Gee ’n groot verskeiden­heid gesonde kosse.

• Hou aan om dit self te eet en ook vir haar op te skep. •

Sit dit op nuwe, interessan­te maniere voor.

‘MY KIND KAN NIE NUWE KOSSE OP HAAR BORD VERDRA NIE!’

Ná hul eerste verjaardag kan kinders ’n normale vrees vir vreemde kosse ontwikkel; dit word neofobie genoem. Dis daar om peuters wat skielik kan kruip en loop en self hul wêreld verken, te beskerm teen dinge in die natuur wat vir hulle skadelik kan wees. ’n Vrees vir vreemde kosse kan voorkom word deur seker te maak dat jou kind goed bekend is met ’n wye verskeiden­heid kosse voor sy een jaar oud word. Gee elke kossoort op verskillen­de maniere en minstens een keer binne twee weke.

Maak so as jou kind ’n vrees vir nuwe kosse het:

• Vra haar om dié items van die rak af te haal en in die trollie te laai wanneer sy saam inkopies doen. • Laat sy jou help kos maak en vra dat sy die items uithaal, was, sny of roer. • Doen kunsaktiwi­teite met dié kosse: Druk verskillen­de groente en vrugte in verf en maak patrone daarmee. • Maak ’n groentetui­n en plant juis

dié kosse. • Moenie vreemde kos op haar bord skep nie. Eet dit net self en as sy daarna vra, verduideli­k dat dit net vir pappa en mamma is. Hierdie benadering sal haar waarskynli­k nuuskierig maak sodat sy sal wíl proe.

‘MY KIND WEIER OM GROENTE TE EET!’

Kinders word gebore met ’n natuurlike voorliefde vir soet smake en ’n voorliefde vir sout smake kan van vier maande af gesien word.

Hulle word ook gebore met ’n natuurlike afkeer van bitter en suur smake omdat gifstowwe in die natuur dikwels bitter of suur smaak. Dié afkeer is dus ’n aangebore beskerming­smeganisme.

Dit is normaal dat babas en peuters nie van die eerste hap af hou van groente wat bitter is of natuurlike jogurt wat suur is nie. Jou peuter sal wel leer om van hierdie kos te hou as sy dit herhaaldel­ik te proe kry.

Maak so as jou kind weier om groente te eet:

• Moedig haar aan om een happie van alles

op haar bord te vat. • Kombineer groente met ’n ander gunste

lingkos, soos spinasie met kaas. • Verdoesel groente in vleisgereg­te. • Sit die groente rou voor met ’n doopsous

soos laevetmaas­kaas of hummus. • Maak gesinsmaal­tye (waar groente tipies voorgesit word) lekker en pret sodat sy ’n positiewe assosiasie met groente maak. Hou dikwels piekniek in die tuin. • Maak seker jou groente word smaaklik

maar ook gesond berei. • Maak jou kind betrokke wanneer jy kos maak. Vra: “Wil jy vanaand broccoli eet of spinasie?”

‘MY KIND HET ’N BRAAKREFLE­KS OF BRAAK WANNEER SY SEKERE KOSSE EET’

Sommige kinders word gebore met ’n oorsensiti­witeit vir sekere smake, teksture of reuke. Hierdie sensoriese sensitiwit­eite kan dit moeilik maak om sekere kosse te eet. Dié kinders het tipies ook ander sensitiwit­eite soos vir harde geraas, helder ligte of hare op hul vel wanneer hul hare gesny word.

Maak so as jou kind ’n braakrefle­ks het of braak wanneer sy sekere kosse eet:

• Volg dieselfde raad as vir kinders met ’n vrees vir vreemde kosse.

• Leer jou kind stelselmat­ig om die kosse te kan eet. Eers moet sy dit in haar bord aanvaar, dan daaraan vat en ruik, dan kan jy haar aanmoedig om dit te lek, daarna kan sy ’n klein happie proe. • Maak seker dat daar met elke maaltyd

een kossoort is wat jou kind sal eet. • Neem haar na ’n arbeidster­apeut wat

sensoriese integrasie doen.

‘MY KIND WEIER (MET ’N HOUDING) OM TE EET, SOMS DIÉ KOS, DAN DAARDIE KOS, HANG AF VAN HAAR BUI’

Enige peuter kom in ’n stadium waar hulle hul ouers se gesag en grense toets en probeer wys dat hulle eintlik baas is. As jou kind dit probeer doen, moet jy die grense sterker maak. Sommige kinders kan ook negatiewe gedrag toon soos om kos te weier in ’n poging om aandag te kry.

Maak so as jou kind kos weier om te wys sy is baas of om aandag te kry:

• Albei ouers moet dieselfde op haar buie

reageer en altyd konsekwent wees. • Moenie ’n bohaai opskop as sy haar kos weier nie. Sê eenvoudig: “Jy hoef nie te eet as jy nie wil nie.” • Fokus terselfder­tyd daarop om haar te prys vir goeie gedrag wat niks met kos te make het nie. • Bring genoeg tyd saam met jou kind

deur en speel elke dag met haar.

Moet liefs nie ’n bohaai opskop as jou kind kos weier nie.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa