Baba & Kleuter

HOE OM FIEMIES NIE TE HANTEER NIE

-

Die normale eienskappe van peuters wat fiemies tot gevolg het, kan in groter probleme ontaard as dit nie gepas hanteer word nie. Moet dus nie die volgende doen nie:

• Moenie daaroor praat nie. As jy voor jou kind oor haar kosafkeure praat, versterk jy dit.

• Moenie net die kosse aanbied wat jy weet jou kind eet nie.

• Moenie vir die kinders ander kos maak as wat die grootmense eet nie.

• Moenie vir jou kind iets anders gee as sy die kos weier wat jy voorgesit het nie.

• Moet nooit vir jou kind vra: ”Wat wil jy eet?” nie.

• Moenie ’n bohaai opskop nie. Dit kan juis die gedrag aanmoedig omdat sy so aandag kry.

• Moenie jou kind se aandag aftrek met TV of speelgoed sodat jy ’n paar ekstra happe kan inkry nie.

• Moet nooit jou kind dwing om iets te eet nie.

• Moenie jou kind prys as sy haar kos opeet nie. Lof kan net gebruik word vir haar waagmoed om iets te beproef waarvan sy nie hou nie.

• Moenie jou kind beloon as sy sekere kosse eet nie.

• Moenie jou kind omkoop met nagereg as sy haar groente eet nie.

• Moenie jou kind dwing of aanmoedig om nog te eet nadat sy die eerste versadigin­gstekens gewys het nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa