Baba & Kleuter

Hou jou bak vir nog

Sop – seker die lekkerste manier om in die winter jou groente in te kry.

- DEUR HELEN SCHÖER

BOTTERSKOR­SIESOP MET LEMOEN EN GEMMER

• 1 groot botterskor­sie, middeldeur gesny en pitte verwyder • 1t (5 ml) olyfolie • sout en peper na smaak • 2 k (500 ml) hoenderaft­reksel • ¼ k (60 ml) klappermel­k • ¼ k (60 ml) vars lemoensap • 1t (5 ml) gerasperde lemoenskil • 1t (5 ml) gemaalde gemmer

Verhit die oond tot 180 grade C. Smeer die botterskor­sie met die olyfolie, besprinkel met sout en peper. Plaas op ’n bakplaat, gesnyde kant na bo, en bak 1 uur of tot sag. Laat afkoel en skraap die vleis in ’n middelslag-kastrol uit. Voeg die oorblywend­e bestanddel­e by en maak alles glad met jou stokmenger. Verhit oor matige hitte en roer deurlopend. Sodra dit warm genoeg is, is die sop reg.

PREI-EN-AARTAPPEL-SOP

• 4 e (60 ml) botter • 8 preie, in fyn repe gesny (gebruik net die wit deel) • 2 middelslag-aartappels, in blokkies gesny • 2 k (500 ml) hoenderaft­reksel • 2 k (500 ml) room • 4 grasuie, fyngekap • knippie neutmuskaa­t • sout en peper na smaak

Smelt die botter in ’n groot kastrol, voeg die preie by en laat 5 minute sweet. Hou die hitte laag sodat dit nie verbruin nie. Voeg die aartappel by en roer sowat 2 minute deur. Voeg die hoenderaft­reksel by en laat kook.

Verminder die hitte en laat sowat 30 minute prut tot die groente baie sag is. Verwyder van die hitte en laat ’n rukkie afkoel.

Puree met jou stokmenger tot die sop glad is. Voeg die room, grasuie, neutmuskaa­t, sout en peper by en roer goed deur. Verhit weer.

MULLIGATAW­NY (KERRIESOP)

• ½ ui, gekap • 2 selderysti­ngels, gekap • 1 wortel, gekap • ¼ k (60 ml) botter • 1½ e (22 ml) meel • 1½ t (7 ml) kerriepoei­er • 4k (1 liter) hoenderaft­reksel • ½ appel, gekap • ½ k (125 ml) witrys • 1 vellose hoenderbor­sie, in blokkies gesny • ’n knippie tiemie • ½ k (125 ml) room

Braai die uie, seldery, wortel en botter in ’n groot kastrol tot die groente sag is. Voeg die meel en kerriepoei­er by en braai nog ’n paar minute. Voeg die hoenderaft­reksel by, meng goed en laat die mengsel kook. Stel die hitte laer en laat 30 minute prut.

Voeg die appel, rys, hoender en tiemie by en laat 15-20 minute prut of tot die rys gaar is. Roer die room deur net voor jy opskep.

BROCCOLI-EN-OKKERNEUT-SOP

• Olyfolie • 1 ui, fyngekap • 2 knoffelhui­sies, fyngedruk • 1 groot aartappel, geskil en in blokkies gekap • 4k (1 liter) groenteaft­reksel • 1 bos broccoli (sowat 300 g), grof gekap • 200 g fetakaas • 4 e (60 ml) geroosterd­e okkerneute • sout en peper na smaak (opsioneel)

Verhit ’n bietjie olyfolie in ’n groot kastrol en braai die ui en knoffel tot sag.

Roer die aartappelb­lokkies by en braai sowat 1 minuut.

Voeg helfte van die aftreksel by en laat 10-15 minute prut tot die aartappel sag is.

Voeg die res van die aftreksel by en verhit weer tot dit prut.

Voeg die broccoli by en kook sowat 4 minute.

Voeg helfte van die feta en neute by en verwyder van die hitte.

Gebruik jou stokmenger om die sop glad te maak. Voeg sout en peper by indien verkies.

Sprinkel die oorblywend­e okkerneute en fetakaas oor.

GEROOSTERD­E TAMATIE-ENSOETRISS­IESOP

• 1 ui • 600 g ryp tamaties • 2 groot rooi soetrissie­s • 2 e (30 ml) olyfolie • 2 knoffelhui­sies, fyngedruk • 1 blik (400 g) gekapte tamaties • 4k (l liter) hoenderaft­reksel • 1 e (15 ml) droë basiliekru­id • sout en peper na smaak (opsioneel)

Voorverhit die oond tot 200 grade C. Sny die ui, tamaties en soetrissie­s middeldeur en pak op ’n bakplaat. Bedruip met die olyfolie en rooster tot gaar. Skud die plaat ná sowat 20 minute of draai die groente om en bak vir nog 25 minute.

Laat afkoel tot jy alles met jou hande kan hanteer. Trek die skil van die tamaties en die soetrissie­s af.

Plaas al die groente en knoffel in ’n kastrol, voeg die blik tamaties by, asook die aftreksel en ’n koppie water. Verhit tot kookpunt, verlaag die hitte en laat sowat 30 minute prut. Verwyder van die hitte en laat sowat 30 minute afkoel. Puree met jou stokmenger.

Roer die basiliekru­id deur en geur met sout en peper indien verkies.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa