Baba & Kleuter

TANDEMUISP­RET

-

Plaas die tandjie in ’n skoen voor jou kind se bed en maak seker hy skryf of teken ’n mooi briefie vir die tandemuis by. Strooi ’n bietjie meel rondom die skoen sodat jy muisspoort­jies daarin kan maak om die tandemuis te probeer “uitvang”. Julle kan ook ’n stukkie kaas vir mnr. Muis uitsit. Maak seker hy slaap voor jy die geld gaan insit! Hoeveel hang af van jou sak. Skryf ’n briefie namens die tandemuis waarin jy jou kind gelukwens met sy mooi tand en hom aanmoedig om gereeld te borsel en lekkergoed te vermy. Wees versigtig waar jy die tand agterna bêre of weggooi; kinders snuffel dit uit! En hou solank ’n storie gereed vir daardie kere dat jy geldloos betrap word, of vergeet om die tand te gaan haal.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa