Baba & Kleuter

Totsiens, nat bed!

Jou én jou kind kan ontslae raak van angstighei­d oor bednatmaak met die nuwe DryNites® Pyjama Pants.

-

Daar is werklik niks om oor verleë te voel nie. Bednatmaak is net een van daardie dinge wat met sekere kinders gebeur. Dit is beslis nie ’n refleksie van jou ouerskapst­yl nie. Die beste ding wat jy as ouer kan doen is om te verseker dat jou kind so gemaklik moontlik is tot hierdie fase oorwaai.

Gelukkig is daar ’n nuwe produk op die mark wat julle albei help om bednatmaak met selfvertro­ue te bestuur: DryNites® Pyjama Pants.

WAT IS BEDNATMAAK?

Die mediese term vir bednatmaak is nagtelike enurese. Jou kind maak die bed nat ná die ouerdom waar blaasbehee­r reeds gevestig behoort te wees. Dit is baie algemeen: Navorsing wys dat tot 25 persent van kinders op die ouerdom van vier en ’n geskatte 10 persent van SuidAfrika­anse kinders tussen die ouderdom van 4 en 15 jaar oud hul bed natmaak.

Daar is baie moontlike verklaring­s hiervoor, maar in die meeste gevalle word dit verbind met ’n vertraging in fisiologie­se ontwikkeli­ng. Soos jy weet is elke kind uniek en ontwikkel teen hulle eie pas. Dit kan ook ontstaan omdat jou kind baie diep slaap of ’n dermkwessi­e het, soos hardlywigh­eid.

Dit word oor die algemeen nie verbind met die manier waarop ouers hul kinders grootmaak nie en nog belangrike­r: Dit is nie die kind se skuld nie. Kinders is nie by hul bewuste wanneer dit gebeur nie. Hulle is op daardie tydstip natuurlik nie in beheer van hul blaas nie.

HOE OM DIT TE HANTEER

Die beste ding wat ’n ouer kan doen vir ’n kind wat sy bed natmaak is om nie ’n groot gedoente daarvan te maak nie. Verseker jou kind dat dit net ’n ongeluk was. Dít sal help om selfvertro­ue en selfbeeld te behou. Om te raas of geïrriteer­d te raak kan net veroorsaak dat jou kind nog meer kwesbaar voel en dit dra onnodig tot stresvlakk­e by.

PRAKTIESE HULP IS BYDERHAND

DryNites® Pyjama Pants is daar om ouers en kinders te help om bednatmaak met selfvertro­ue te bestuur. DryNites® Pyjama Pants is is beskikbaar vir seuns en dogters en is te kry in twee verskillen­de groottes: 4-7 jaar en 8-15 jaar. Hierdie ouerdomsto­epaslike weggooipaj­amabroeke is uiters absorberen­d en gemaklik, nes regte onderklere. Dit is dun genoeg sodat kinders dit diskreet onder hul nagklere kan dra. DryNites® Pyjama Pants bied betroubare nagtyd-beskerming wat jou kind toelaat om ’n goeie nagrus te geniet, en wakker te word en droog te voel.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa