Baba & Kleuter

MASKEERBAN­DPRET

-

Maskeerban­d is op ’n reëndag ’n ma se beste vriend, want dit hou eindelose vermaakmoo­ntlikhede in en gee jou terselfder­tyd asemskepka­ns.

1

PLAK MASKEERBAN­DPAAIE deur die huis en laat jou kind daarop los met ’n boks vol karretjies. Jy kan jou plastiekka­s se inhoud of kartondose gebruik as geboue in die “stad”. 2 BOU VEEKRALE OF HOKKE vir ’n dieretuin of plaas met die maskeerban­d. Hy gaan heerlike met sy plastiekdi­ertjies daarin speel. 3 PLAK PATRONE SOOS SIGSAG, RONDINGS of vaste vorms soos driehoeke en sirkels, en moedig jou kleinding aan om op die strepe te loop en te balanseer. Julle kan ook probeer om met strooitjie­s tafeltenni­sballetjie­s al langs die lyne te blaas. 4 PLAK ’N SPINNERAK van maskeerban­d of ’n taaier kleeflint en laat dit van die deurkosyn afhang met al die taai kante in dieselfde rigting. Rol koerantpap­ier in bolletjies en gooi dit teen die taai kant sodat dit in die web vassit. 5 PLAK ’N “LASERWEB” van maskeerban­d in die gang en moedig jou peuter aan om daardeur te klim en kruip sonder om aan die “laserstral­e” te raak.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa