Baba & Kleuter

’N LOFSANG VIR MY KLEINKIND

- OUMA ALMA GERMISHUYS, JOHANNESBU­RG, GAUTENG

Hierdie pragtige blouoog-slimkop se naam is Dietrich. Hy is ses jaar oud en hy is ’n baie trotse haasbekkie. Die grootskool roep en hy maak met groot opwinding reg.

Hy is ’n ongeloofli­ke klein sportman wat ook deelneem aan die witjassies-program wat by sy skool aangebied word. Hy staan nie terug vir enige uitdaging nie. Hy dra rympies voor en neem elke jaar geesdrifti­g aan sy skoolkonse­rt deel.

Hy vang graag goggas en paddas en is absoluut avontuurlu­stig. Hy wil elke diertjie of plant onder sy mikroskoop bekyk. Hy’s ’n Lego- boffin en het die interessan­tste verbeeldin­g wat almal se dag ophelder en inkleur. Vandag is hy Batman en more dalk Ironman – jy moet maar wag en kyk.

Hy dink graag speletjies uit en is vreeslik vindingryk met reëls en planne. Hy het sy eie boomhuis saam met oupa in ons tuin gebou en deel liefde en aandag in oorvloed uit. Sy omgeehart maak hom so sjarmant, hy spaar sy eie geld om by sy oom en tannie in Australië te gaan kuier, hy kweek groente en vrugte in sy eie groentetui­n (waarvan hy gereeld oes) en soos ’n goeie trotste Suid-Afrikaanse seuntjie braai hy gereeld saam met sy pappa en het hy sommer ook sy eie braaier.

Ons is ongeloofli­k bevoorreg om die pragtige klein knaap se ouma en oupa te wees. Ons leer elke dag by hom oor die lewe, oor lag en oor hoeveel liefde ons harte kan hou. ’n Pragtige klein kampioen, ’n held en ’n grootmenee­r in ons familie. Hy beskerm sy niggie en is besorg oor almal behalwe homself. Sy kinderhart laat ’n mens weer opnuut besef hoe kosbaar elke oomblik van hierdie tyd saam is.

Skud jou vere reg, grootskool! Dietrich is op pad.

 ??  ?? Alma Dietrich Schulze (6) is sy ouma se kampioen.
Alma Dietrich Schulze (6) is sy ouma se kampioen.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa