Baba & Kleuter

ONS FACEBOOKMA’S SÊ …

As jy net een wenk vir ’n swanger ma kan gee, wat sal dit wees?

-

NICOLENE THIRION

Rus, rus en nogmaals rus. Daar’s nie baie tyd vir rus as die kleintjie eers daar is nie.

MARIETTE PECK

Moenie ekstra hande wegwys nie. As iemand wil help, laat hulle toe.

MINETTE VAN DER MERWE

Moenie te veel google en boeke lees nie. Kry een persoon na wie se raad jy luister.

ROELINE VAN DEVENTER

As jy kos maak, maak dubbel en vries. Daar is dae wanneer jy net nie by kos maak uitkom nie. Dan is daar ’n heerlike ete in die vrieskas.

ROCHÉ MULWITSKY

Woon voorgeboor­teklasse by. Dis regtig die moeite werd.

TANYA VENTER DE LANGE

Gaan fliek.

YOLANDA NEL

Jy het nie ál die verskillen­de baba-items nodig nie en ook nie al die fancy items nie. Dit maak soms die lewe maklik, maar jy sal verbaas wees met hoe min jy oor die weg kan kom.

SUNELLE JOOSTE

Maak heerlike kos en eet dit dadelik terwyl dit nog warm is!

KAREN ARNOLD DU PLOOY

Smeer genoeg Bio-Oil aan jou lyf. Dit help met die rekmerke. Moenie toelaat dat ander mense jou negatief praat nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa