Baba & Kleuter

PAD NA RUSTIGER VOETJIES

- CARINA VAN DER LINDE, LEPHALALE, LIMPOPO

My dogtertjie was nog altyd besig. Ek onthou hoe sy geskop en gewoel het toe ek swanger was. Ek moes toe al besef het ek het te doen met ’n mensie met veggees en ’n sterk persoonlik­heid. Ek is dan ’n rustige mens. Ek is anemies met permanente lae bloeddruk. Energie is iets wat ek nog nooit gehad het nie.

My fout het dalk by haar naam gelê. In vroeër tye het kinders name gekry wat hul lewe sou bepaal. Corlea beteken “vrye gees”. Dis ’n naam wat haar perfek beskryf, want hierdie pragkindji­e het ’n wil soos geen ander nie. Sy sal bo- oor enigiets klim of klouter en baklei om te kry wat sy wil hê. Haar uitdagende en vriendelik­e persoonlik­heid manipuleer almal wat haar teenkom sodat hulle binne minute aandag aan haar begin skenk.

Ja, dit is fantasties om te sien hoe jou dogtertjie vroeg-vroeg al die hele wêreld vol draf en blink glimlaggie­s kan gooi om haar sin te kry. Dis wonderlik om te sien hoe sy binne ’n oogwink snap hoe tegnologie werk en hoe sy inligting inneem.

Maar met hierdie superenerg­ie kom ook frustrasie­s. Een van die grootste frustrasie­s is stilsit.

“Sit net ’n paar minute stil om te eet … jy word maer, my meisiekind.”

“Lê net vyf minute stil dat jy kan slaap, want jy skreeu omdat jy oormoeg is.” “Hou op spring, jy gaan val!” En dan die frustrasie van tyd ... “Wag net ’n bietjie, ons gaan nou.”

Net mooi niks gebeur ooit vinnig genoeg nie en my frustrasie­s word ook gou haar frustrasie­s, want as sy nie kan manipuleer nie, skree sy en kry vloerstuip­e wat ure lank kan aanhou. Almal sê vir jou dis normaal. Almal sê hul kinders doen dit ook, want alle kleingoed is besig.

Twee jaar later en my kind sukkel. Sy sukkel om te praat omdat sy te veel probeer verwerk. Sy sukkel om opdragte uit te voer. Haar aandag bly skaars ’n minuut op dieselfde ding gevestig voor sy begin skop, skree en byt.

Vir my is Corlea normaal, want wat weet ek in elk geval van kinders. Ek is nou maar twee en ’n half jaar lank ’n ma. Met ’n skok kom ons agter dat sy een van die twee besigste kinders is wat haar kleutersko­ol van 70 kinders in 30 jaar gehad het!

Ons kind is hiperaktie­f en ons gaan groot veranderin­ge moet aanbring, anders gaan sy verwerp word omdat sy maatjies boelie en oorrompel. Sy gaan sukkel om te leer, want sy sit nooit stil nie.

Maar met dié inligting kom ook goeie nuus, want hiperaktiw­iteit kan gekanalise­er word na briljanthe­id as mens net die energie in die regte rigting kan stuur.

My meisiekind is vir ons ’n inspirasie. Sy inspireer my, ’n introvert, om meer uit te kom en roetines te breek. Sy inspireer ons gesin om te begin oefen om energie te verbrand. Sy inspireer ons om ons fone weg te pak en aandag te gee. Sy inspireer ons om die TV af te skakel en die buitelug te geniet. Sy inspireer ons om gesonder te eet en leef.

Ons gaan dié ding wen en my vrye gees gaan ons nog lank geesdrifti­g en energiek hou.

Met ’n skok kom ons agter sy is een van die twee besigste kinders wat haar kleutersko­ol in 30 jaar gehad het.

 ??  ??
 ??  ?? Corlea (3) hou haar ma omtrent op haar tone!
Corlea (3) hou haar ma omtrent op haar tone!

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa