Baba & Kleuter

GRIEPINSPU­ITING

-

Griepinspu­itings is volgens kenners die doeltreffe­ndste manier om jou kans te verminder om griep, veral die gevaarliks­te soort, te kry. Statistiek wys dis 70 tot 90 persent doeltreffe­nd.

Die inspuiting kan jou nie siek maak nie en kan dus met veiligheid gebruik word vir mense met ’n swakker immuniteit­stelsel, soos kinders.

Waarom sê so baie mense wat die inspuiting gekry het dan steeds dat hulle agterna siek geword het? Die antwoord is eenvoudig: omdat die entstof mense net teen die griepvirus en nie teen ontsteking van die boonste lugweg of gewone verkoue beskerm nie.

Griepinspu­itings word meestal net een keer per jaar toegedien, gewoonlik kort voor die winter. Kinders wat dit nog nooit voorheen gekry het nie, moet ’n maand ná die eerste inspuiting ’n opvolginsp­uiting kry. Kinders kry die helfte van ’n volwasse dosis en babas kan van so jonk as ses maande af die griepinspu­iting kry. Dit word veral aanbeveel vir babas en kinders wat by dagsorg of ’n speelskool is omdat hul kans soveel groter is om die influensav­irus op te doen as kinders wat by die huis bly.

Griepinspu­itings is ook veilig vir borsvoeden­de ma’s. Die enigste mense wat dit nie kan kry nie, is dié met ’n eierallerg­ie of dié wat siek is met ’n hoë koors. Kinders wat reeds tekens van griep toon of wat sommer net effens siekerig is, moet liefs ook die inspuiting vermy omdat dit die simptome kan vererger.

Die neweeffekt­e is ’n dowwe pyn op die plek waar jy ingespuit is, maar dit behoort nie langer as ’n dag of twee te duur nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa