Baba & Kleuter

HIERMEE KAN JY DADELIK BEGIN

-

Die Johannesbu­rgse vroedvrou Tina Otte sê jy kan hierdie oefeninge binne 24 uur ná die operasie begin doen.

DWARS-MAAGOEFENI­NG

GEE OEFENING AAN die diep spiere voor en langs die maag, die bekkenvloe­r en die onderrug Lê op jou rug. Sorg dat jy in ’n neutrale ruggraatpo­sisie is waar jou rug nie gebuig of heeltemal plat is nie, maar iewers tussenin.

Asem gemaklik in en saggies uit. Trek die onderdeel van jou maag terselfder­tyd in die rigting van jou ruggraat. Hou vyf sekondes en ontspan die maag geleidelik. Dit is ’n baie ligte oefening.

Wanneer jy jou maag diep intrek, word die interne skuinsspie­re sterker. Voer hierdie beweging twee keer per dag twee tot 10 keer uit voor jy uit die bed klim.

BEKKENKANT­ELOEFENING MET KUSSING

GEE OEFENING AAN die onderrug en - maag Lê op jou rug met die knieë gebuig en voete skouerwydt­e uitmekaar. Plaas ’n dun kussing onder jou bekken. Asem in. Asem dan uit en rol terselfder­tyd jou heupe sagkens terug en maak jou ruggraat plat. Begin weer by die beginposis­ie. Rol jou heupe effens vorentoe en maak jou ruggraat rond. Doen dit twee keer per dag drie tot 10 keer.

NEKROTASIE

GEE OFENING AAN jou nek en maag Lê op jou rug met jou knieë gebuig, skouerwydt­e uitmekaar. Trek jou naeltjie stadig na jou ruggraat toe. Asem uit en lig terselfder­tyd jou kop van die vloer af tot jou ken amper op jou bors is. Hou dit drie sekondes; sak terug. Doen dit twee keer per dag twee tot 10 keer.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa