Baba & Kleuter

TE VEEL MELK

-

My baba is nou 11 maande oud. Sy is baie lief vir haar bottel en vra gereeld nog melkies. Sy eet egter nog altyd sleg en sal baie maklik kos weier. Dit is seker nie gesond nie. Wat moet ek doen?

ANEL KIRSTEN ANTWOORD: Dit

is ’n baie algemene probleem. Onthou, jy kry gebore eters en dan kry jy kinders wat van dag een af nooit baie eet nie.

Maar te veel melk kan wel jou baba se eetlus nog verder onderdruk. ’n Baba tussen ses en 12 maande moet ideaal gesproke nie meer as 500 tot 600 ml melk per dag drink nie. Van een jaar oud af is die aanbevelin­g 300 ml per dag en verkieslik nie meer as 350 ml melk per dag nie.

Groot volumes melk maak haar klein magie vol, wat beteken dat sy minder wil eet. As gevolg daarvan kan sy baie ander belangrike voedingsto­wwe en voedselsoo­rte misloop wat deel uitmaak van ’n gebalansee­rde dieet. Studies het gewys dat kinders wat te veel melk drink, ’n groter gevaar loop om ’n ystertekor­t op te doen.

Hoe swakker ’n baba eet, hoe meer wil

sy melk drink en hoe meer melk jou baba drink, hoe minder wil sy eet – en so vorm dit ’n bose kringloop. HIER VOLG ’N PAAR WENKE: 1Maak

seker sy is nie dalk dors nie. Bied eers water of verdunde vrugtesap aan voor jy melk gee. 2Bied

ook eerder ’n peuselhapp­ie aan – dalk is sy honger. 3Maak

die volume melk per bottel minder. As sy gewoonlik 800 ml melk per dag drink, gee haar eerder 600 ml in vier bottels van 150 ml elk pleks van die gewone vier 200 ml-bottels. Dikwels soek kinders net die sekuriteit van hul bottel. Dit vertroos hulle en word bloot ’n gewoonte. 4Omdat

sy ’n slegte eter is, sal ek wel voorstel dat sy van 12 maande af formule- of gefortifis­eerde melk pleks van koeimelk kry, net om seker te maak sy kry al die nodige voedingsto­wwe in.

5Wend

oor die volgende 12 maande ’n doelbewust­e poging aan om haar afhanklikh­eid van melk te probeer verminder, aangesien die behoefte aan melkies net ’n groter probleem kan word wanneer sy ouer word. ●

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa